SportSport

Hoekies op wenkoers

VANDERBIJLPARK.- Die Hoërskool Driehoek se eerste rugbyspan is steeds onoorwonne na twee ligawedstryde nadat hy Saterdag Benoni High met 40-17 geklop het. Driehoek het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom. Benoni High het vroeg in die eerste helfte gaan druk en na 15 minute reeds met 10-0 voorgeloop. Daarna het Driehoek se blitsige …

VANDERBIJLPARK.- Die Hoërskool Driehoek se eerste rugbyspan is steeds onoorwonne na twee ligawedstryde nadat hy Saterdag Benoni High met 40-17 geklop het.
Driehoek het aanvanklik gesukkel om aan die gang te kom. Benoni High het vroeg in die eerste helfte gaan druk en na 15 minute reeds met 10-0 voorgeloop. Daarna het Driehoek se blitsige losskakel, Hugo Terblanche, met ‘n teenstander op sy rug oor die doellyn gebars om sy span se eerste punte aan te teken.
Heino Keiser het ook sy skopskoen aangehad en die doelskop oorgesit. Benoni het daarna nog ’n sewepunter aangeteken. Die rustyd was 17-14 in Benoni High se guns. In die tweede helfte het Driehoek mekaar gevind en met mooi hardlooprugby 26 punte aangeteken.
Puntemakers: Driehoek 40 (14): drieë: Hugo Terblanche, Shaun Storm, Broge Ré (2), Heino Keiser en Shawn Heyns. Doelskoppe: Heino Keiser (4) en Hugo Terblanche (1).
Driehoek speel eerskomende Saterdag teen HTS Sasolburg by HTS Sasolburg
Uitslae: o.14A: Benoni High 36, Driehoek 5. o.15A: Driehoek 27, Benoni High 19. o.16A: Driehoek 50, Benoni High 0. Tweede span: Driehoek 15, Benoni High 13.

Hugo Terblanche duik oor vir sy drie. Foto: André du Toit
Hugo Terblanche duik oor vir sy drie. Foto: André du Toit

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button