SportSport

Noordwes-netbal se Flames brand hoog

Die Noordwes Flames, wat aan die A-afdeling van die Brutal Fruit Cup deelneem, vaar uitstekend. Daar is vyf spanne in die afdeling: twee uit Gauteng, die Golden Fireballs en die Jaguars, die Grinums van die Vrystaat, die Stings van die Wes-Kaap en die Flames.

Die Noordwes Flames, wat aan die A-afdeling van die Brutal Fruit Cup deelneem, vaar uitstekend. Daar is vyf spanne in die afdeling: twee uit Gauteng, die Golden Fireballs en die Jaguars, die Grinums van die Vrystaat, die Stings van die Wes-Kaap en die Flames. Die Flames lê na die naweek se eerste aksie derde op die punteleer.

Hulle speel die komede naweek by Tukkies teen die Golden Fireballs en die Jaguars. Die span se groep van agtien spelers bestaan op twee na, net uit Pukke. Die afrigter, Dorette Badenhorst, was veral die naweek tevrede met die spel van Sigi Burger, Elsunet du Plessis en Zandre Kruger.

*Die NWU-Pukke se hokkie kon nie hond haaraf maak in die Varsity Cup nie en het nie gekwalifiseer vir die uitspele nie. Kovsies en UJ speel in die eindstryd.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button