SportSport

Meestersatletiek: Dorita kan spring

Daar is ‘n klomp atlete in die stad wat dalk “oud” is maar hulle is beslis nog nie koud nie. Oud-nasionale hekkiekampioen, Shaun Bownes is nog baie aktief en het onlangs die 110m hekkies by die Sentraal Gauteng kampioenskap gewen in die ouderdomsgroep 30-34.

Daar is ‘n klomp atlete in die stad wat dalk “oud” is maar hulle is beslis nog nie koud nie. Oud-nasionale hekkiekampioen, Shaun Bownes is nog baie aktief en het onlangs die 110m hekkies by die Sentraal Gauteng kampioenskap gewen in die ouderdomsgroep 30-34.

Een van die sterre is tans Dorita du Toit wat in drie items in die ouderdomsgroep 40-44 koningin kraai in die land. Sy is die SA rekordhouer in paalspring en het die rekord van 2.70 na 2.80 verbeter. Sy het reeds in al drie die items die kwalifiserende standaard vir insluiting in die SA Meestersspan gehaal. Sy is volgens die huidige wêreldranglys onderskeidelik 5de in verspring, 4de in driesprong en 1ste in paalspring.

Onlangse uitslae:

*4 April: Noord Gauteng Kampioenskappe – Pildich
Dames (30-34) Yolande van Aswegen 1ste in 100m en 200m
(40-44) Dorita du Toit 1ste in paalspring en driesprong, 2de in verspring
(45-49), Ina Smit 2de in 100m en 3de in 200m
Mans (45-49) Hennie Smit 3de gewigstoot, 2de in diskus
(45-49) Bul du Toit 5de gewigstoot, 2de in hamergooi en 2de in Griekse diskus

*11 April Sentraal Gauteng Kampioenskappe – Herman Immelman Stadion
Dames (40-44) Dorita du Toit 1ste – verspring, driesprong en paalspring.
Spring SA Meestersrekord
Mans (30-34) Shaun Bownes 1ste 110m hekkies
(45-49) Bul du Toit 1ste in Grieksediskus, 3de in hamergooi, gewigstoot en massagooi

*Die SA Meesterskampioenskap vir 2015 word op 15 en 16 Mei in Port Elizabeth by NMMU gehou en die stad se meesters en “meesterinne” gaan deelneem. Lees volgende week hoe hulle gevaar het. Die Wêreld Meesterskampioenskap vind van 2-16 Augustus by Lyon in Frankryk plaas.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button