SportSport

Fochies se wintersport steeds aan die gang

Hoërskool Fochville se wintersport-spanne is steeds besig om hul opponente ‘n moeilike tyd te gee. Hierdie spanne het op Woensdag 29 April in hul jaarlikse vriendskaplike sportdag teen spanne van die Hoër Tegniese skool Carel de Wet van Vanderbijlpark te staan gekom. Volgens Hoërskool Fochville se sportorganiseerder, mnr. Bobby McLeod, was dit die laaste keer …

Fochies se Elisio (Ju-Ju) Fourie op pad doellyn toe vir sy eerste drie.
Fochies se Elisio (Ju-Ju) Fourie op pad doellyn toe vir sy eerste drie.

Hoërskool Fochville se wintersport-spanne is steeds besig om hul opponente ‘n moeilike tyd te gee.

Hierdie spanne het op Woensdag 29 April in hul jaarlikse vriendskaplike sportdag teen spanne van die Hoër Tegniese skool Carel de Wet van Vanderbijlpark te staan gekom.

Volgens Hoërskool Fochville se sportorganiseerder, mnr. Bobby McLeod, was dit die laaste keer in die jaar wat Fochies se rugby, netbal en hokkie op een dag saam gespeel het. Voortaan sal die spanne net in hul onderskeie ligas speel waar die wedstryddae nie ooreenstem nie.

Fochies se netbalspanne het uitstekende netbal gespeel en slegs een wedstryd verloor uit die agt wat op die dag gespeel is.

Die o/14 A-span het 14 – 3, die o/14 B-span 9 – 3, die o/15 A-span 23 – 16, die o/16 A-span 18 – 8, die tweede span 35 – 6 en die eerste span 14 – 11 gewen. Die o/16 B-span het 12 – 12 gelykop gespeel, terwyl die o/15 B-span 6 – 18 verloor het.

Intussen het twee van die skool se hokkiespanne hul wedstryde gewen, terwyl drie hul wedstryde verloor het. Die o/14’s en tweedes het met tellings van onderskeidelik 1 – 0 en 2 – 0 gewen. Die o/15’s het 1 – 2, die o/16’s 0 – 3 en die eerstes 0 -2 verloor. Fochies se rugbyspanne het ook nie op hul laat wag met net die o/14’s wat nie die mas teen Carel de Wet se spanne kon opkom nie. “Die 0/14 A-span het tot vier minute voor die eindfluitjie geblaas het met 19 punte teen 17 voorgeloop, maar goeie ondernemende spel van die manne van Carel de Wet, wat drie drieë in vier minute gedruk het, het die prentjie vinnig laat verander.

“Die opponente het die wedstryd gewen met 35 punte teen die jong Fochies se 19,” het ‘n woordvoerder van die skool, mnr. Jurgens Bence, aan die Herald vertel.

Die o/14 B’s het 10 – 27 verloor. Die senior spanne van die blou golf was egter almal te sterk vir hulle opponente. Die o/15 A’s het 33 – 21 gewen, terwyl die o/16 A’s 36 – 0 en die tweedes 41 – 0 gewen het. Die eerstes het hul opponente met ‘n telling van 46 – 3 die aftog laat blaas. Volgens Hoërskool Fochville se hoof, me. Ronel Lamprecht, is sy baie trots op al die sportspanne van die skool en sien sy uit na die res van die liga-seisoen.

Sy nooi die gemeenskap om op Saterdag 9 Mei die rugbywedstryde teen Trinity op Fochies se velde by te woon. Trinity was die 2014 eerste span Leeu-wenners en volgens Lamprecht glo sy dat dit binne die blou golf se vermoë is om die manne van die gesogte privaatskool te verras en as oorwinnaars van die veld te stap.

Fochies het ook op 29 April Wonderfontein 7 –2 in skaak gewen. Fochville se skuts het ook op 22 April hul tweede skyfskiet-liga oorheers. In die o/14-afdeling het Charl Steenekamp gewen, terwyl Wilco Breytenbach met die tweede plek weggestap het. In die o/16-afdeling was Sonja Visser tweede en Christiaan Strydom derde. Fochies het ook bykans al die ander plekke in dié ouderdomsafdeling ingepalm.

Jannie Venter het die o/21-afdeling gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button