EntertainmentSportSport

Callies presteer op die dansvloer

Drie leerlinge van Hoërskool Carletonville het onlangs tydens ‘n nasionale danskompetisie presteer. Dié leerlinge het aan die nasionale rondte van die Suid-Afrikaanse dans- en modelkampioenskappe, wat deur Beyond 2000 in Rustenburg aangebied is, deelgeneem. Een van die kranige Callies, Roelien van der Merwe, het goud, silwer en drie bronsmedaljes huis toe gebring. Francois Gibson het …

Roelien van der Merwe het ook talle medaljes huis toe gebring.
Roelien van der Merwe het ook talle medaljes huis toe gebring.

Drie leerlinge van Hoërskool Carletonville het onlangs tydens ‘n nasionale danskompetisie presteer.

Dié leerlinge het aan die nasionale rondte van die Suid-Afrikaanse dans- en modelkampioenskappe, wat deur Beyond 2000 in Rustenburg aangebied is, deelgeneem.

Een van die kranige Callies, Roelien van der Merwe, het goud, silwer en drie bronsmedaljes huis toe gebring. Francois Gibson het op sy beurt ook ‘n goud en silwer sowel as twee bronsmedaljes in die individuele afdeling ingepalm.

Hy het ook saam met Doanise Liebenberg ‘n silwer in die tango-afdeling vir danspare gewen. Doanise het ook individueel presteer. Sy het ‘n goud, brons en drie silwermedaljes huis toe gebring.

Related Articles

Back to top button