Atlete van Parys Primêre skool het die afgelope naweek behoorlik geskitter op die atletiekbaan by die Vrystaat Atletiekkam- pioenskappe.
Van die skool se 15 atlete wat aan die kampioenskappe deelgeneem het, is vyf ingesluit in die Vrystaat-span vir deelname aan die SA kampioenskappe wat van 24-26 Maart in Potchefstroom gehou word.
Die atlete is:
* Zuan van Riet (hekkies 1ste, 80m 3de en aflos)
* Inke Nortman (hoogspring 1ste, hekkies 3de)
* Karmi Geldenhuys (200m 1ste, 100m 2de en aflos)
* Adriaan Nel (diskus 1ste, spiesgooi 1ste en gewigstoot 1ste)
* Nuri Rourke (1 200m 3de)
Atlete wat nie in die Vrystaat-span ingesluit is nie, het almal hul persoonlike beste afstande en tye behaal. Baie geluk aan elkeen van hierdie atlete.