Schools

Parys Primêr sê dankie

Parys Primêre skool sê dankie vir sulke ondersteuning van 'n gemeenskap vir die beeskaartjie-fondsinsamelingsprojek.

Scharné de Bruyn en Ruan Robbertse het die meeste baaskaartjie-boekies verkoop vir  ’n fondsinsamelingsprojek van Parys Primêre skool. Hiervoor is hulle elkeen met ’n  “hoverboard” beloon. By hulle is Tony Jardim van die skool se beheerliggaam wat aan hulle die borde oorhandig het. Die skool sê baie dankie aan die gemeenskap vir hul lojale ondersteuning vir die projek. “Sonder sulke ondersteuning sou die projek nie so suksesvol kon wees nie. Dankie ook aan elke borg wat die projek moontlik gemaak het.”

Parys Primêre skool het verlede week die wenners bekendgemaak van sy beeskaartjie fondsinsamelingsprojek. Die slagbees wat as eerste prys op die spel was, is gewen deur Grimbeek van der Westhuizen. Paula Butler wen die blouwildebeeskarkas wat as tweede prys gewen kon word, terwyl Elize Lubbe die derdepryswenner van die skaap was. Esmé Minnie het die vierde prys van ’n  R1000 kontant gewen. Die leerlinge wat die wenkaartjies verkoop het is van links Erich Butler, Lyton Oelofse, Chentin Minnie en Nadine Lubbe.

Hulle het gewoeker met die kaartjieverkope en was onder die top 30 leerlinge met hul verkope. Die leerlinge is Franco Kruger, Helgardt du Preez, Ruan Robbertse, Wouco Cronje, Matthew Litchfield, Ethan Litchfield, Ronaldo Abreu da Silva, SW van der Watt, Anrew Nel, Jaap van der Westhuizen, Kobus Hattingh, Delarey Joubert, Wuhan Mare, Cilliers Kruger, Lizay Joubert, Marizelle Wagenaar, Sami Gluchowski, Jazel Fourie, Jane Esterhuizen, Mijanca Volschenk, Chloe Enslin, Catlynne Pictor, Carmi Knol, Yaounde Litchfield, Tasmin Schoonwinkel, Ashleigh Kleynhans, Scharné de Bruyn, Mene Fourie en Chloe Ehlers.

Related Articles

Back to top button