BlogsOpinions

Tuinpraatjies: ’n Doring in die vlees vir enige misdadiger

Tuinpraatjies: ’n Doring in die vlees vir enige misdadiger

 

Die Pyrqcantha struik is seker een van die beste plante om te plant vir sekuriteitsredes – niks kom deur daardie dorings nie! Behalwe vir sekuriteit, sorg dié struik ook vir honderde voëlspesies wat eet aan haar bessies! Regtig ’n besonderse struik! Pyracantha is ‘n genus van netelige struike in die Rosaceae familie.

Dit is ’n gewilde struik, immergroen en veral ’n gunsteling onder tuiniers omdat dit so mooi fokuspunt in die tuin maak. Die struik is ook bekend as ‘Firethorn’ – ’n naam wat sy oorsprong het van die Griekse vertaling van ‘pyr’ wat vuur beteken en ‘akanthos’ wat doring beteken. Die struik se voorkoms skep nogal ’n dramatiese voorkoms met sy bessies in warm kleurskakerings van rooi, geel en oranje wat jy nie sommer te wagte is as jy die naam hoor nie. Die bessies verskyn laat somer, word dan ryp in die herfs, en as jy hulle so los bly dit ‘n kleurvolle gesig tot vroeg in die lente. Pyrqcantha is perfek om te plant as enkel variëteit, maar plant sommer ’n paar sodat wanneer die somer kom, jy jou kan verlustig in die oorvloed van bessies en ontploffing van kleur.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button