LetterOpinions

Swaarverdiende spaargeld toe daarmee heen

Swaarverdiende spaargeld daarmee heen

Vandag wil ek bejaardes, pensionarisse, huiseienaars en jongmense waarsku om baie meer paraat te wees as wat ek was wanneer jy nutswerk laat doen.
Die werkery by my huis het ‘n slegte smaak in my mond gelos en my ‘n duur les geleer.
Maak seker wanneer jy enigiemand kry om vir jou bou- en breekwerk, herstelwerk of nutswerk te doen, dat jy eers ’n kwotasie kry voordat jy die persoon toelaat om te begin werk.
As die persoon net n mondelingse ooreenkoms met jou aangaan, sorg dat jy die ooreenkoms op skrif sit en dat albei partye die ooreenkoms teken.
Neem die persoon se kontakbesonderhede en adres. Moet ook nie blindelings die eerste persoon wat jy kan kry toelaat om die werk te doen nie. Gaan verwysings vir vorige werk gedoen na en probeer meer as een kwotasie kry.
Moet asseblief net nie soos ek deur mooi praatjies gevang word nie. Spyt kom te laat en my see-vakansie spaargeld is saam met die mooipraatjies daarmee heen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button