BlogsOpinions

Innerlike vrede

Die lewe is soms baie soos ‘n pandjieswinkel-special of ‘n Junkmail-bargain: daar is geen guarantee, warranty (of enige ander “tee” for that matter).

Liewe Persoon
Die lewe is soms baie soos ‘n pandjieswinkel-special of ‘n Junkmail-bargain: daar is geen guarantee, warranty (of enige ander “tee” for that matter).
Dis amper soos om avo’s of tamaties by die supermark te koop…jy is in jou noppies oor die lekker (sagte) ryp avo, maar meanwhile is jy maar net die 41ste persoon wat daai groen wang avo bevoel!
Kleintyd het oorle ouma Jannie ons altyd so gevang met kwepers na middagete. Die hoop beskaam mos nie; en daarom was ek altyd opgewonde oor die Consol-bottel met ingelegte pere…net om so met die eerste hap te besef dat peer-se-kind eintlik ‘n kweper is. Dit was elke keer ‘n ontnugtering…
En soms probeer jy die heelal ‘n streep trek. Ek onthou een Krismis het ek en die Juffrou besluit om dinge in ons eie hande te neem, want sien, my Pa het altoos die manier gehad om vir ons dieselfde Barbie-klere (wat ons reeds het) as geskenkte gee. Shame – hoe moes hy ook nou weet dat my Barbie reeds ‘n Denim-and-diamond cat suit gehad het, of dat die Juffrou reeds ‘n Belle-of-the-Ball aandrok vir haar Barbie gehad het?
Anyway. Ons loer toe voortydig en ruil die naamkaartjies om. Happiness all round! Toe nie. Daar gee ek en die Juffrou vir mekaar presies dieselfde present – net in verskillende kleure!
Wat ek eintlik probeer sê is dat mens liefs nie moet meddle nie. Vat jou winskopie, jou bargain, jou lay-buy of jou hand-me-down en wees net hartstogtelik dankbaar. Seëninge kom in alle shapes en sizes – en is nie altyd in blink papier toegedraai nie. Soms kom dit in die vorm van swoeg en sweet, soms val jy jou voortand uit as jy onverwags daaroor val. Soms moet jy oor begin, opstaan en weer probeer. En as jy gelukkig is, dan besef jy, hopelik vroeër as later, dat dié maat wat vir jou afgemeet is, jou soos ‘n handskoen pas. En dan is al wat oorbly om te sê: dankie!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button