BlogsOpinions

Om totsiens te sê

Om totsiens te sê

En soos sy voorberei om op nuwe én groener gras te wei (en sneeu te trotseer), probeer ek dink aan maniere om die angel uit totsiens te haal. Om die onvermydelike deurmekaargeit wat volg, vir ‘n wyle te (probeer) stuit.
Jy sien, ek is nie groot op verandering nie. Inteendeel, as ek my sin kon hê sou ons steeds in Margaretstraat 81 gebly het.
Allan Donald, Gary Kirsten en Brian Mcmillan sou steeds ‘n protea op die bors gedra het, en Hansie sou nooit as te nimmer ‘n resiesperd met omkoopgeld gekoop het nie. Johan Stemmet sou steeds onooglike – maar plaaslik vervaardigde, onderbaadjies dra en Marietta Kruger sou steeds die nuus lees. Jy sou ‘n tweeliter-koeldrank én ‘n pak chutney-tjips vir R15 kon koop. Ons sal weer rooiworsies eet sonder om vir ons lewens te vrees.
En seker die belangrikste van alles: ek en my Bibi-brak sou soos ouds weer kon snuggle.
Maar Hantie se tasse is gepak en iemand het intussen die traliehek van nommer 81 ‘n verspotte geel geverf.
So ons staar ‘n new normal in die gesig. Ek weet ons sal Skype en FaceTime, maar wat nou van al die sakke sout wat ek en Hantie al verslind het?

Trane, trauma en skande. Woede en frustrasie. Om nie eens te praat van al die binnepret wal al saam gepleeg is nie. Ons is kinders van dieselde generasie. Ons het naaldwerk op skool oorleef, tik (op ‘n tikmasjien) as ‘n verpligte vak op universiteit gehad en ons ken jou waarlik ook steeds Jollie en Ouboet se: “Poeksie Woeksie Worsie se Wapsie is nog baie life vir jou!”

Ek dink ek verstaan nou hoe Pilletjie (my ousus, die Apteker) daardie jaar gevoel het toe ‘n eertydse kêrel vir haar ‘n Abba Gold-cd present gegee het. Ooooh. Die cd het al die hit gehad: Dancing Queen, The Winner Takes it All, Fernando, Super Trooper en, my gunsteling: Waterloo. Die enigste problem was da tons op daardie stadium nog nie ‘n cd-speler gehad het nie… ons was nog op vinyls! Soos ons die ure aftel tot die onvermydelike totsiens, wil ek vir Hantie net die beste toewens, en haar herinner aan ‘n paar lewenslesse:

  • As kinders het ons sonder helmets fietsgery en sommer water uit die tuinslang gedrink. Ons weet hoe om te survive.
  • Fake it till you make it! Di stringetjies dra. Die Stukkie raad sal altyd goud werd wees.
  • Pasop vir mense met vanne soos Logan, DeMira en Brady. Onvanpaste sepies propvol familietwis, -liefde en skelmstreke het ons hieroor geleer.
  • Jour sleutels is altyd op die laaste plek waar jy kyk. So begin jou soektog daar.
  • Navorsing het bewys dat sjokolade en rooiwyn wel tot goeie hartswelstand bydra (Google dit, en sien vir jouself).

Lief jou mater, en weet dat jou sommer baie gaan mis!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button