BlogsOpinions

Net twee (dood)ernstige vrae

Twee vrae, dit is al wat ek vir jou het.

Liewe Persoon,
Eerste vraag: waar bêre mansmense hulle necessities? Jy weet:
sakdoek, notaboek / dagboek, noodpilletjies (alles van anti-naarheid, anti-allergie en
antidepressante), huissleutels, kougom, sonbril, lip ice (of gloss as hy n modieuse-millennium-man
is), beursie en selfoon en/of tablet? En dan praat ek nie eens van die oukies met die body spritz, man
bun of die sigaar connoisseur nie!
Ek is doodernstig. Jy kan net soveel in n broeksak of man bag dra.
Tweede vraag: is dit net ek, of het Mary Poppins handsakke vir almal van ons opgefoeter? Ek sê jou –
maak nie saak of jy n uitspattige Nine West of n nederige vlooimark-special aan jou skouer dra nie,
sodra jy iets daar insit verdwyn dit in n donker abyss…Dink nou mooi, dis nes ek hier sê: probeer jy
nou n luiende selfoon sommer-so uit n handsak raakvat? Dit is n haas onbesonne – en uiters
onverskillige daad…. maar tog hou ons aan om goeters saam te dra. Lipstick met sonblok en gloss –
in 3 skakeurings, 2 pakkies tissues, klein pakkie koekies én Super C’s (vir jou suiker), n Marilyn
Monroe-spieëltjie (want dit is so mooi), n power bank, die notaboek wat jy vir Kersfees gekry het, n
pakkie wet wipes, ekstra batterye vir die kamera, ontelbaar baie penne en per geleentheid selfs n
poedinglepel (mens weet nooit wanneer iemand jou n bakkie roomys wil gee nie).
Dié vrae spook by my, want my karsleutels het vandag tussen neus en ore verdwyn nadat ek dit in
my handsak gegooi het….

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button