LetterOpinions

Myns insiens: Hoort Seksvoorligting nie eerder tuis?

Die nuwe voorgestelde kurrikulum oor seksvoorligting het baie ouers op hol oor die inhoud wat hulle glo, nie van pas is vir kinders nie.

Die nuwe voorgestelde kurrikulum oor seksvoorligting het baie ouers op hol oor die inhoud wat hulle glo, nie van pas is vir kinders nie.
Die kurrikulum sal verpligtend wees vir kinders van Gr. 4 tot Gr. 12. Die minister het onlangs gesê dat die manier waarop die kurrikulum aangebied word, deur elke skool self besluit kan word. Paul Colditz, voorsitter van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, beskryf dit so: “’n Kind aan die einde van Gr. 1 moet weet dat een en een twee is. Hoe hy daarby uitkom, is die skool se saak.”
Selfs dan is die hele konsep van seksvoorligting veral op laerskool eintlik onvanpas.
Moet kinders oor seks geleer word? Die antwoord is natuurlik ja. Die vraag is eintlik of die departement van onderwys en skole met die taak opgesaal moet word? Die antwoord is nee. Dit is ouers en voogde se plig om hulle kinders oor seks in te lig en te leer wat volgens hulle familiewaardes reg of verkeerd is. Nie ’n algemene wêreldsiening oor seks nie. Daar word gereeld gepraat oor dissipline in skole wat nie meer bestaan nie. Soos seksvoorligting, is dit iets wat by die huis geleer moet word. Daar kan nie van onderwysers verwag word om ’n kind maniere te leer nie. Net so kan ’n kind nie deur onderwysers oor seks geleer word nie. Die kwessie van tienerswangerskappe, die hoë voorkoms van MIV en die onaanvaarbare hoë voorkoms van verkragting en molestering sal nie deur die voorligtingsprogram aangespreek word nie.
Ouers en voogde moet betrokke wees in kinders se lewens. Hulle moet self vir hulle lewenslesse leer en verwag dat alles wat ’n kind vorentoe gaan nodig hê, hy/sy nie by die skool gaan leer nie.
Seks is ’n ongemaklike onderwerp om met jou kind te bespreek, maar dit is iets wat gedoen moet word. Soos om ’n baba se doek te ruil, dit is nie lekker nie, maar is onvermydelik.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button