Dit is absoluut skokkend om te verneem dat Parys se leiwaterdiens moontlik afgeskaf gaan word. Leiwater lewer tog logies bystand veral in tye wat ’n watertekort ontstaan soos dikwels die geval is.
Dit is ook pateties dat die publiek se bydrae nie in die besluitneming geken is nie.
Mens kan as rede vir hierdie besluit net tot een slotsom kom – dat dit deur onbevoegde amptenare geneem is wat logies nie in hierdie poste aangestel behoort te wees nie.
Ons kan maar net vertrou dat die besluit heroorweeg word met ‘n logiese gevolg.