LetterOpinions

En dit is hoe ek vir Jockey gekry het…

En dit is hoe ek vir Jockey gekry het...

Ek onthou soos gister die dag toe my groot, pragtige, opregeteelde Duitse herdershond dood.is. Die oggend was hynog  daar en die middag was hy weg…… “maagdraai” noem hulle dit.

Die stilte van sy leë plekkie het swaar gehang tussen ons en sy Jackie maatjie, want soos die mense in jou huis word elke troeteldier onmisbaar deel van jou huis se hartsruimte.

Saam met die hartseer was die vraag waar  ons dringend n maatjie sou kry, want Jackie treur en wou nie eet nie.

Maar soos die honde engele dit wil hê hoor ons toe van ‘n Jack Russeltjie by die DBV.

Dit was liefde met die eerste oogopslag.

Die klein skaam hondjie wat ewe kordaat vlindertjies jaag toe ek probeer groet.

Vandag 2 jaar later leef hy as kroonprins van die erf. Die eindelose vreugde wat sy daaglikse stappies, drukkies”,  “soentjies” en blaffies gee kan geen geld ooit koop nie.

Dankie DBV.  As julle hom nie gehuisves het nie, sou my Jockey nooit die vreugde en voorreg van sy “forever home” gehad het nie!

Parys DBV het tans ‘n paar honde en ‘n kat vir wie daar baie dringend liefdevolle huise gesoek word.

Volg die skakel https://www.facebook.com/groups/329971087784208/permalink/378345822946734/ om die foto’s te sien of skakel Parys DBV by (056) 811 3671 of insp. Zama by 079 500 7415.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button