LetterOpinions

Dit is lewenslange letsels

Dit is lewenslange letsels

Parys Gazette se opskrif, “Lewenslange letsels na rooftog”, 11 Oktober, is n raak beskrywing van die nagevolge van ’n rooftog-ondervinding van Antoinette en Morne Smit, Johan Nel en ander.
Selfs al word jy nie beseer is die ondervinding van ’n wapen wat op jou gerig word,’n letsel wat lewenslank jou bybly.
Jy moet dit self ondervind om die realiteit van die stelling te waardeer.
Ek was self ’n paar jaar gelede ’n slagoffer van ’n pistool wat op my gerig was by my huis in Johannesburg, pas nadat ek stilgehou en uit my motor geklim het.
Gelukkig het my vrou in die huis dit gesien en die alarm geaktiveer, waarop die twee rowers net my sleutels en selfoon gegryp en weggehardloop het.
Selfs al was ek nie beseer, het dit my nagenoeg twee jaar geneem om die skok sielkundig te verwerk, daarom het ek absolute simpatie met Antionette en ander.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button