BlogsOpinions

Uit my dagboek: Pappa se seun: Kinders sê die oulikste dinge

Aiden is nou op ’n stadium waar hy die oulikste dinge kwytraak, wel meeste van die tyd. Aiden is nou op ’n stadium waar hy die oulikste dinge kwytraak, wel meeste van die tyd. Hy het nou in die ‘superhero’ fase inbeweeg. Dit is een van daardie fases waaruit mans nooit regtig kom nie. Ek …

Aiden is nou op ’n stadium waar hy die oulikste dinge kwytraak, wel meeste van die tyd.
Hy het nou in die ‘superhero’ fase inbeweeg. Dit is een van daardie fases waaruit mans nooit regtig kom nie. Ek verbeel my steeds so nou en dan dat ek deel is van die ‘X-Men’ of so iets.
Aiden is amper elke dag ’n ander ‘superhero’ en het ook sy eie beweging wat daarmee saamgaan. ‘Spiderman’ word uitgebeeld met uitgestrekte arms en spinnerakke wat uit die arms skiet-geluide. Superman het uitgestrekte arms en daar word in die huis ‘rondgevlieg’ terwyl ‘Batman’ gewoonlik gepaard gaan deur van die bank of trampolien af te spring.
Tot onlangs was daar nie meer as net dié bewegings nie. Nou die aand storm hy by die kamer in.
“Kyk ek is Spiderman, skreeu hy met sy slaapbroek wat oor sy kop getrek is.
Dit was net die begin. Kort daarna, soos oudergewoonte, was hy weer douvoordag op ’n Saterdag wakker. In die week sukkel ons om hom uit die bed te kry vir skool, maar oor ’n naweek maak hy ons wakker. Deesdae word ons wakker gemaak met ‘n stemmetjie wat verkondig dat hy nou “klaar geslaap het”.
So asof almal in die huis moet besef dat Aiden nou genoeg geslaap het, daarom kan die dag maar begin.
Hy het oor die naweek op pad terug van my skoonouers af ’n hele gesprek met sy hasie gehad.
Ek kon nie regtig uitmaak waaroor die gesprek gaan nie, maar daar is in ‘n stadium vir die hasie gesê hulle gaan saam “sweeties” koop, maar dat hulle eers al hulle kossies moet opeet.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button