Opinions

Vier maniere om jou aftreegeld te beskerm

Met die jaarlikse, Jenwil Blouster Glacier Welvaartkongres op hande, het Parys Gazette met Pieter Koekemoer, hoof van Coronation se persoonlike beleggings, gesels oor moontlike slaggate waarin beleggers kan trap. Volgens Pieter is daar tans baie onsekerheid in die lug vir beleggers. Dit is verstaanbaar dat hulle paniekerig raak en dus op verskeie plekke na ‘n …

Met die jaarlikse, Jenwil Blouster Glacier Welvaartkongres op hande, het Parys Gazette met Pieter Koekemoer, hoof van Coronation se persoonlike beleggings, gesels oor moontlike slaggate waarin beleggers kan trap.
Volgens Pieter is daar tans baie onsekerheid in die lug vir beleggers. Dit is verstaanbaar dat hulle paniekerig raak en dus op verskeie plekke na ‘n veilige hawe soek. In sulke tye word die grootste foute met beleggingsportefeuljes gemaak.
Die slaggate kan só vermy word:
Hou koers. Moenie onnodig verander aan jou portefeulje in reaksie op onsekerheid nie. Beleggers moet eintlik net hul portefeuljes verander indien hul behoeftes verander, en nie in reaksie op onlangse markbewegings nie.
Moenie aan jou langtermyn strategie torring op die verkeerde oomblik nie. Beleggers wat hul aandele verkoop het ná teleurstellende beleggingsvertonings in 1997 tot 1998, 2000, 2002, 2007 tot 2008 en 2011, het verloor op kragtige herstellopies.
Moenie jou aptyt verloor vir risiko-bates nie. Die teleurstellende vertoning van plaaslike aandele het baie beleggers genoop om eerder in ‘n geldmarkrekening en effekte te belê. Hierdie opsies is egter nie noodwendig veilige hawens nie.
Ons meen effekte bied tans groot risiko weens die sukkelende staatsfinansies, en met kontant gaan jy sukkel om by te hou met inflasie.
Ons glo dat, ondanks al die risiko, aandele tans meer waarde bied as op enige ander tydstip die afgelope vyf jaar. Ná groot dalings is daar tans ‘n hele paar lonende beleggingsgeleenthede.
Goedkoop kan duur koop wees. As opbrengste begin knyp, is daar dalk ‘n versoeking om na goedkoper opsies soos ‘n indeksfonds te skuif om op beleggingsgelde te spaar. Maar dit is presies die oomblik wanneer dit juis belangrik word om die mark te klop.
Wanneer die mark met 15% groei, is dit handig om 2% tot 3% beter te vaar. Maar wanneer die mark sukkel, raak dié uitvertoning broodnodig. As die mark 9% lewer, kan ‘n uitvertoning van 2% tot 3% – met saamgestelde groei oor ‘n paar jaar – jou aftrede handomkeer verbeter.
Streng beheer in aftrede
Afgetredens moet baie versigtig wees oor hoeveel van hul spaargeld hulle onttrek. Met saamgestelde rente aan jou kant, kan ‘n klein verlaging in die jaarlikse onttrekking uit jou pensioen, jare toevoeg tot jou aftree-inkomste.
Die Welvaartkongres word aangebied op Donderdag 31 Augustus in Bloemfontein (oggend) en Potchefstroom (aand).
Vir nadere besonderhede oor die kongres of vir besprekings kan Susan by 082 048 6309 gekontak word of stuur ‘n e-pos na potch@jenwil.co.za. Volg ook die gebeure op Jenwil BlueStar Potchefstroom se Facebook bladsy. Daar is geen koste betrokke nie, maar bespreking is noodsaaklik, aangesien plekke beperk is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button