BlogsOpinions

Uit my dagboek: Pappa se seun: Nou is daar twee!

Teen dié tyd volgende jaar, het Aiden ’n sussie of ‘n boetie. Aiden wys vir almal sy “boetie” hemp Teen dié tyd volgende jaar, het Aiden ’n sussie of ‘n boetie. Hy is baie opgewonde. Daar is al van sy klere en speelgoed wat hy uitgesit het vir die nuwe baba. Alhoewel, toe ek hom …

Aiden wys vir almal sy “boetie” hemp

Teen dié tyd volgende jaar, het Aiden ’n sussie of ‘n boetie.
Hy is baie opgewonde. Daar is al van sy klere en speelgoed wat hy uitgesit het vir die nuwe baba. Alhoewel, toe ek hom vra of hy dink dit gaan ’n boetie of ’n sussie wees, het hy met groot sekerheid geantwoord dat dit ’n sussie sal wees.
Ek het probeer ompraat na die ander kant toe, maar hy het uiteindelik amper aggressief vir my begin vertel dat hy ’n sussie gaan hê. Die hempie wat hy in die foto aan het, het ons vir hom gekoop om die nuus aan ons eie familie oor te dra.
Nou is dit amper die enigste hemp wat hy wil dra. Wanneer hy klaar gebad het, soek hy net sy “boetie” hemp.
Ons is opgewonde oor die nuwe toevoeging tot die familie. Aiden gaan ’n besonderse goeie ouboet wees. Ons kon dit sien met my broer se seuntjie en my vrou se niggie se dogtertjie.
Hy besef dat babatjies versigtig hanteer moet word, hy wil ook alles met die kleintjies deel. Die proses waaroor ek vir meer as twee jaar skryf, begin nou weer van voor af. Die opgewondenheid om uit te vind of die nuwe baba ’n seuntjie of dogtertjie is, die kies van die perfekte naam, die uiteindelike geboorte waar die blydskap en trots weer sal oorloop. Daarmee saam kom die harde werk ook, die moeilike goed, laat aande en vroeë oggende, siek kinders, nog vuil doeke en die gesukkel om die baba aan die slaap te kry.
Aan die einde van die dag is dit alles steeds die moeite werd as ’n mens met gesonde kinders geseën word.

  AUTHOR

Dustin Wetdewich
Journalist

Latest News

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button