LetterOpinions

’n Oorlog om te veg

Op 26 Junie is Internasionale bewusmakingsdag teen dwelms gevier. ’n  Dag waarop die gevare van dwemgebruik, verspreiding daarvan en handel daarin wêreldwyd onder die soeklig geplaas word. In ons land groei die verskynsel steeds – is daar daagliks ’n  toename in verbruik en misbruik, en word ons kinders, jeug volwassenes en selfs bejaardes met die …

Op 26 Junie is Internasionale bewusmakingsdag teen dwelms gevier. ’n  Dag waarop die gevare van dwemgebruik, verspreiding daarvan en handel daarin wêreldwyd onder die soeklig geplaas word.
In ons land groei die verskynsel steeds – is daar daagliks ’n  toename in verbruik en misbruik, en word ons kinders, jeug volwassenes en selfs bejaardes met die werklikheid van die bestaan van gevaarlike dwelms gekonfronteer.
Trek ons die sirkel nouer en kyk ons na ons eie dorp kan ons nie anders as om die realiteit van dwelms in ons strate, in van ons huise, ons skole en selfs ons besighede raak te sien nie.
Daar is instansies in Parys wat die dwelmoorlog veg. Daar word soveel pogings aangewend om die oorlog te wen. Nie altyd suksesvol nie, maar daar is altyd hoop dat die volgende veldslag nie tevergeefs sal wees nie.
• So word huis-tot-huis besoeke gedoen.
• Weeklikse inligting-en hulpgroepe aangebied asook individuele terapie sessies.
• Opnames in binne-pasiënte sentrums gereël
• Projekte gedoen om dwelmgevare uit te wys.
Wen ons? Stap vir stap, bietjie vir bietjie – een oorwinning is een lewe gered!
Stap die pad saam. Skakel Vrystaat Versorging in Aksie by 056 811 2971 vir meer inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button