BlogsOpinions

Uit my dagboek: Pappa se seun: Aiden kry ’n nefie

Die lang wag vir Aiden se nefie is uiteindelik verby. Owen Wetdewich het op 4 Mei sy verskyning gemaak. ‘n Gesonde 3.6kg baba wat al klaar Aiden se gunsteling persoon is. Aiden saam met sy tannie Jo-Ann en sy nuwe nefie, Owen. Die lang wag vir Aiden se nefie is uiteindelik verby. Owen Wetdewich het …

Aiden saam met sy tannie Jo-Ann en sy nuwe nefie, Owen.

Die lang wag vir Aiden se nefie is uiteindelik verby.
Owen Wetdewich het op 4 Mei sy verskyning gemaak. ‘n Gesonde 3.6kg baba wat al klaar Aiden se gunsteling persoon is. Aiden het hom oor die naweek vir die eerste keer ontmoet. Voor ons gery het, het hy daarop aangedring dat hy vir Owen een van sy beertjies gee.


“Dadda baba baie klein, baba klein handjies,” was Aiden se eerste woorde oor sy nefie. Hy het heeltyd by hom gesit en saggies aan hom gevat, terwyl hy in bewondering sy ore, neusie en handjies uitwys.
Dit is ’n vreemde gevoel om oom te word. Ek het nie gedink dieselfde emosie sal gevoel word soos met my eie kind nie, tog voel dit presies dieselfde.
Natuurlik is daar nou die bykomende voordeel dat ek nie moet seker maak dat sy doeke skoon is en dat hy genoeg slaap en die regte voeding inkry nie. Ek kan hom vir sy ouers teruggee as daar iets gedoen moet word.
Dit verander nie aan die liefde wat ek reeds vir die mannetjie voel nie.


Ek het laat in my lewe eers met my niggies en nefies ’n verhouding begin bou, ons het nooit saam as kinders gespeel en kattekwaad aangejaag nie.
Dit is iets wat ek vir Aiden wil hê.
Alhoewel ek bang is vir wat Aiden en Owen eendag saam gaan aanvang, sal ek maar daardie brug oorsteek wanneer ek daar kom.
As hulle verhouding enigsins soos my en my broer se verhouding is, dan voorspel ek moeilike tye vir beide my en Brandon.
Die mannetjies gaan ons nog grys hare gee, maar ’n band bou wat niks kan breek nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button