LetterOpinions

Hoekom meer betaal vir krag

Henk Havenga skryf: Is jy bewus dat ons in Parys 80% meer betaal vir ons Eskom Krag as Kaapstad? Parys betaal tans R 87.26 vir 50 eenhede, die gemiddeld van die 7 voorbeelde hier onder is slegs R49.67 vir 50 eenhede. Kan die Ontwikklingsforum asseblief die saak opneem met Ngwathe of dalk ook die saak …

Henk Havenga skryf:
Is jy bewus dat ons in Parys 80% meer betaal vir ons Eskom Krag as Kaapstad?
Parys betaal tans R 87.26 vir 50 eenhede, die gemiddeld van die 7 voorbeelde hier onder is slegs R49.67 vir 50 eenhede.
Kan die Ontwikklingsforum asseblief die saak opneem met Ngwathe of dalk ook die saak met Nersa opneem.
Ons as Parys gemeenskap kry swaar onder die kragprobleme in die dorp en ons betaal duur vir ’n baie swak diens.
Kyk gerus na die volgende webwerwe: Verify costs here: https://www.nersa.org.za/

https://www.kimberley.org.za/kimberley-sol-plaatje-rates-tariffs-for-201516/
*  Mnr. Arnold Schoonwinkel antwoord namens die DA: Die Nasionale Tesourie stuur kort voor die begrotingsproses elke jaar aan elke munisipaliteit ‘n voorgestelde (maar nie verpligte nie) verhogingskoers vir diensgelde, in die lig van inflasie en makro-ekonomiese groei. Vir ons nuwe munisipale jaar (wat op 1 Julie vanjaar begin) was dit 6.4% Die munisipaliteit aanvaar die voorstel, of pas die voorgestelde toename aan, in die lig van sy eie omstandighede, byvoorbeeld, sy invorderingskoers en kontantvloei. Sy voorgestelde verhoging van die kragtarief (nie van die ander tariewe nie), soos tans oop is aan die publiek vir bespreking, word dan, met besware van die publiek, indien enige, aan d ieNasionale Elektrisiteitsreguleerder (NERSA), vir goedkeuring voorgelê, en nie later nie as 31 Mei nie. In onlangse jare het NERSA gereeld Ngwathe se voorstelle verlaag. Rdl Saal de Jager het ons tariewe met omliggende dorpe vergelyk, en sal u kan inlig. Mnr Havenga het nou dus kans om beswaar te maak, met sy motivering.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button