BlogsOpinions

Uit my dagboek: Pappa se kind: Aiden se eerste maatjie

Aiden het sy eerste regte maatjie. Ek is bly hy het uiteindelik ’n mens maatjie. Ek was bang hy gaan vir die res van sy lewe net vir Harley (ons hond) as ’n maatjie wil hê.

Aiden saam sy nuwe maatjie Nathan Winkler

Aiden saam sy nuwe maatjie Nathan Winkler

Aiden het sy eerste regte maatjie. Ek is bly hy het uiteindelik ’n mens maatjie.
Ek was bang hy gaan vir die res van sy lewe net vir Harley (ons hond) as ’n maatjie wil hê.
Die band tussen Aiden en Harley is sterk, hulle speel baie lekker saam, maar toe ek sien hoe lekker hy saam met Nathan, sy nuwe maatjie speel, toe besef ek dat dit baie belangrik is dat hy vriende het.
Ek is seker hulle het hulle eie taal hoe hulle met mekaar praat. As hulle mekaar sien is daar ’n groot opgewondenheid. Hulle hardloop dan al agter mekaar aan. As die een dalk mis trap en neerval, dan val die ander een ook sommer op die grond.
Ek is bly dat Nathan ’n klein bulletjie is. Veral omdat Aiden ‘n bietjie klein is, moet hy maar groot maatjies hê.
Soos ek en Charl, Nathan se pa, kyk hoe die twee op die gras speel, begin my verbeelding met my weghol. Die twee langs mekaar lyk regtig asof hulle ’n haker en ’n stut kan wees. Ek sien al hoe die twee mannetjies saam by ’n laerskool begin, uiteindelik vir die eerstespan uitdraf, dan gaan hulle saam hoërskool toe waar hulle goed naam maak. So speel hulle saam rugby tot hulle albei eendag vir die Sharks speel.
Al speel hulle nooit saam rugby nie, hoop ek dat hulle sal vriende bly. Ek het so vriend in my lewe, ’n ou op wie ek nog altyd kon staatmaak in baie moeilike tye. Dit is die tipe vriendskappe wat ek wil hê Aiden moet hê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button