LetterOpinions

Sewe soorte mense in Parys wat Facebook gebruik

1. Die Persoon wat nooit die hele post lees voor hulle komentaar lewer nie Die grootste sondebok op die groep is die mense wat nie die artikel of oorspronklike post lees voordat hulle komentaar lewer nie.

 1. Die Persoon wat nooit die hele post lees voor hulle komentaar lewer nie

Die grootste sondebok op die groep is die mense wat nie die artikel of oorspronklike post lees voordat hulle komentaar lewer nie.

 2. Die Oorywerige admin

Hulle begin gewoonlik ‘n ‘comment’ met ‘as Admin van hierdie groep’ dan gaan hulle voort om te verduidelik hoe belangrik en moeilik hulle rol as admin is. Daarna word ‘n rede gegee oor hoekom ‘n post afgehaal word. Gevolg met ‘n lang verduideliking oor die reëls wat die persoon as Admin opgestel het vir die groep en hoekom dit belangrik is dat dit gevolg word. Die oorywerige admin moet belangrik voel in ‘n wêreld waar niemand anders dink hy/sy is belangrik nie

3. Die Moeilikheidmaker

Die groep gaan uit hulle pad uit om aanstootlik te wees. As iemand se hond weg is en hulle gebruik die groep om die hond te probeer opspoor sal die persoon komentaar lewer oor hoe die persoon nie die hek moet oop los nie en dan aangaan oor hoe die persoon nie mag diere besit nie. Hulle sê eintlik niks en bied nooit oplossings nie.

4. Die ‘Grammar Nazi’

Pasop vir die groep, hulle glo dat hulle baie slimmer is as die gewoneman op straat wat die groep gebruik. Hulle spring vinnig op hulle perdjies om almal se spelling en sinskonstruksie te korrigeer. Hulle raps mense met hulle ‘virtual’ liniale oor die vingers soos die onderwysers van ouds. Hulle is ook vreeslik trots op die feit dat dit is hoe hulle geleer spel het. Die suiwer gebruik van die Afrikaanse taal is ‘n kwessie wat die groepie voel hulle moet aanspreek op ‘n Facebook groep…

5. Die ‘Clueless’ adverteerder

Hierdie groep probeer hulle beste om almal in kennis te stel van die produk wat hulle verkoop of die diens wat hulle lewer. Soveel so dat meeste van die mense op die groep nie net weet van die produk of diens nie maar al so baie daarvan gesien het dat niemand meer omgee as die mense weer adverteer nie. Dalk moet hulle probeer adverteer dat hulle produk of diens nie ‘n arm en ‘n been gaan kos nie.

6. Die een wat altyd oorreageer

Dié persoon oorreageer op elke post wat op die groep gemaak is, selfs as daar volgens hulle te veel van dieselfde soort advertensies op die groep geplaas word.

7. Die persoon wat nie regtig weet hoe Facebook werk nie

Hierdie groep mense, is gewoonlik mense wat onlangs eers Facebook en sosiale media ontdek het. Hulle weet tipies nie hoe om ‘n post te volg nie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button