BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe Pa;Hoekom eet kinders alles?

Oor die algemeen druk kinders alles in hulle monde. Aiden het al klippe, gras, blomme en grond in sy mond gedruk. Elke keer as hy buite toe gaan vind hy iets nuuts om te “eet”. Ek verstaan dit glad nie, hy sal grond eet maar wanneer dit kom by Avokado of ’n ander soort groente, dan trek hy sy neus op. Soms dui hy aan dat hy versadig is, net om tien minute later ’n handjievol gras in sy mond te sit.

aiden op bike

Oor die algemeen druk kinders alles in hulle monde.
Aiden het al klippe, gras, blomme en grond in sy mond gedruk. Elke keer as hy buite toe gaan vind hy iets nuuts om te “eet”. Ek verstaan dit glad nie, hy sal grond eet maar wanneer dit kom by Avokado of ’n ander soort groente, dan trek hy sy neus op. Soms dui hy aan dat hy versadig is, net om tien minute later ’n handjievol gras in sy mond te sit.
Ek is seker almal het ’n foto van toe hulle klein was, waar hulle sit en hondekos eet. Dit is dalk die een ding wat Aiden nog nie in sy mond gehad het nie. Alhoewel ek weet ook nie hoe lank dit gaan hou nie. Hy deel al klaar baie van sy kos met die honde, so ek is seker hy voel al dat die honde hom ’n paar happies skuld.
Ek het al gehoor hulle sê dat kinders wat so grond eet dalk een of ander tekort het in hulle dieet. Ek dink tog dit is een van daai ouvrou stories. Ek dink dit is pure nuuskierigheid. Iets vreemds moet gevoel word, geruik word en dan geproe word. Hoe sê die Bybel, beproef alles en behou die goeie. Ek hoop net Aiden besef vinnig dat gras en grond nie vir eet is nie. Al sê mens ’n duisend keer nee, wil hy steeds eers self proe om seker te maak dat mamma en pappa nie jok oor die feit dat grond sleg is nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button