BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe Pa; Slaaptyd volle omvang van emosies

Emosies is ‘n groot deel van kinders grootmaak.

Emosies is ‘n groot deel van kinders grootmaak.
My vrou het onlangs in trane uitgebars toe Aiden sy eerste twee woord sin gesê het. “Mamma koekie,” was sy woorde, sy was so trots dat sy sommer vir hom nog twee koekies gegee het. Hoe ouer hy raak hoe meer emosies raak betrokke. Veral wanneer dit by slaaptyd kom. Ek het nooit gedink dat een mens jou volle spektrum van emosies kan ervaar in so kort tydperk nie. Aiden het nou begin om teen slaaptyd te rebelleer, in die verlede was dit baie maklik ons het hom neer gelê met sy bottel en daar was nie verder moeilikheid nie.
Deesdae is dit eers ’n geskree en gekerm voordat hy slaap. Dit het als begin toe hy siek was so rukkie terug, ons het hom jammer gekry met die gevolg dat hy saam met ons in die bed geslaap het. Ek kan sien wanneer hy begin moeg raak, ons maak vir hom sy bottel en lê hom neer.
Hy lyk so rustig dat mens se hart dadelik sag word jy verwonder jouself aan jou pragtige kind. Dan raak die bottel klaar en hy begin huil. Ons gaan sus hom, steeds met ’n sagte hart, maar dan begin mens agterkom dat hy kalm raak wanneer jy hom optel en weer begin skree sodra jy hom neer sit.
Dan raak die hart ’n bietjie harder, jy self raak bietjie kwaaier. Mens probeer streng wees en ’n klein bietjie raas maar kom vinnig agter dat dit nie werk nie. Naderhand probeer mens onderhandel, maar hy verstaan nog nie so dit werk ook nie.
Uiteindelik is mens moedeloos die trane lê vlak want jy wil ook in die bed gaan klim omdat jy al van 05:00 af wakker is.
Net voor jy dink jy gaan nou heeltemal mal word dan sien jy hoe raak hy rustig. Sy asemhaling raak rustiger en hy dryf weg in droomland.
Dan kom dit terug, die verwondering van die mooi kind wat soos ’n engel lê en slaap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button