LetterOpinions

Uit my dagboek: Nuwe pa: Vroeg in die bed

Een aand, lank voor Aiden gebore is, het ek saam met ‘n vriend van my gaan visvang. Visvang soos almal weet is maar net ’n kodewoord vir lekker kuier. Teen 22:00 wou ek opstaan om vir ons weer ’n vars verversing te skink. Ek kom toe met ’n skok agter dat my vriend vas aan die slaap is.

Een aand, lank voor Aiden gebore is, het ek saam met ‘n vriend van my gaan visvang.
Visvang soos almal weet is maar net ’n kodewoord vir lekker kuier. Teen 22:00 wou ek opstaan om vir ons weer ’n vars verversing te skink. Ek kom toe met ’n skok agter dat my vriend vas aan die slaap is.

Ek begin kliphard lag, skud hom wakker en begin hom vreeslik spot. “Kom nou maat, jy het lekker sag geword, kan jy nie meer uithou saam die manne nie?” trek ek sy siel uit. Hy verduidelik dat hy baie lanklaas tot laat wakker gebly het, omdat sy seuntjie wat in daardie stadium omtrent ’n jaar oud was, hom baie besig hou. Dan ook deur die nag moet hy opstaan vir hom. So hy probeer seker maak dat hy vars bly. Ek het hom uitgelag omdat dit na ’n baie flou verskoning geklink het. Hoe moeg kan een kind mens dan nou maak?
Ek moet nou maar my woorde terugtrek, ’n kind kan mens baie moeg maak. Deesdae is ek self al 20:00 in die bed. Vandat ek en my vrou van die werk af kom is dit speel, eet, bad, bed. Dan kan ons eers eet, wat beteken dat teen die tyd wat ons klaar geëet het, kan ons nie meer ons oë oophou nie.
Naweke is nie beter nie, want dan is dit vandat ons wakker word totdat Aiden besluit om te gaan slaap.
Die een of twee keer wat ek gedink het ek is katjie van die baan die vorige aand het Aiden my weer laat besef dat ek nie tot die vroeë oggendure kan kuier en dan nog my volle aandag aan al sy behoeftes kan gee nie, my lyf laat dit net nie toe nie.
Daarom moet ek eers om verskoning vra aan my vriend langs die viswaters. Ek verstaan nou eers my maat, ek sal niemand ooit weer spot daaroor nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button