LetterOpinions

Uit my dagboek: Nuwe Pa; Onthou so vir Oupagrootjie

Dood in die familie is altyd moeilik. Maar die afsterwe van my Oupa, Aiden se Oupagrootjie is vir my besonders moeilik. Juis omdat Aiden nie ’n kans gekry het om vir oupa Freddie te leer ken nie. Daarom rig ek die skrywe aan Aiden, net om hom meer te vertel oor die besonderse man.

Dood in die familie is altyd moeilik.
Maar die afsterwe van my Oupa, Aiden se Oupagrootjie is vir my besonders moeilik. Juis omdat Aiden nie ’n kans gekry het om vir oupa Freddie te leer ken nie. Daarom rig ek die skrywe aan Aiden, net om hom meer te vertel oor die besonderse man.

Liewe Aiden, daar was nog nooit ’n persoon wat so baie vreugde uit jou bestaan gevind het nie. Jy was groot Oupa se oogappeltjie. As hy jou net vir ’n paar minute kon sien was hy gelukkig. Van die dag wat jy gebore is, het hy die dae op sy kalender afgemerk. Elke keer as hy jou gesien het, het hy saam met jou die dae getel sodat jy presies weet hoe oud jy is. Omdat jy nie kans gehad het om hom te ken nie wil ek jou meer oor hom vertel. Jy het jou blou oë by hom geërf, ek hoop dat jy ’n paar van sy karakter eienskappe ook geërf het.

Hy was seker een van die mees intelligente mense wat ek ken. Met net standerd agt agter sy naam kon hy met gemak gesprekke voer met enige Professor. Hy was aanpasbaar, so gemaklik soos wat hy was om met Professore te gesels kon hy net so gemaklik met die straatveër gesels. Hy was uitermatig geduldig, niemand kan onthou dat hulle hom al ooit kwaad gesien het nie. Toe ek omtrent so oud soos jy was het hy tot in die vroeë oggendure vir my stories gelees. Hy het nooit gekla nie en sy liefde vir sy familie het oorgeloop. Hy was besorgd oor die familie, almal moes hom dadelik bel sodra ons veilig by ons bestemming uit gekom het. Jou groot oupa was ook so oopkop soos min mense. Hy het altyd almal ’n kans gegun om hulle standpunt te stel, alhoewel hy nie altyd saam gestem het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button