LetterOpinions

Vadersdag

Ons almal het ons helde in die lewe en soms voor ons een kry moet jy eers strewe.

Ons almal het ons helde in die lewe

en soms voor ons een kry

moet jy eers strewe.

Maar ‘n pa is daar deur dik en dun.

Deur vuur en vlam

en as jy iemand nodig het om jou vas te druk.

Daaom vier ons Vadersdag

Elke mooi dag is is ‘n

herinnering aan Vadersdag.

Soos daardie eerste dag toe

hy jou leer fiets ry.

En vir jou sê my kind

Nou is dit tyd dat jy jou

op jou eie moet ry

en jou vlerke moet sprei.

Die dag toe jy sy knieë

vir die eerste keer uitsmeer

En hy vir jou sê jou klein

handjies begin vinnig leer.

Toe jy die eerste keer skool toe gaan

Toe sê hy vir jou gaan met die sterre

en die maan.

Terwyl jy by die skool was, was jy vreeslig bang

maar liewe pappe by die huis het jou verskriklik verlang.

‘n Vader se liefde is kosbaar

Want al wat hulle die meeste wil doen

is hulle families bewaar.

ons beteken vir hulle die hele aarde

Want sonder ons het hulle liefde

geen waarde

Hulle goedheid is die rede

hoekom ons elke dag glimlag.

Hulle beskerm ons tog

maar almal met dieselfde krag.

‘n Vader uit ‘n miljoen.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button