LetterOpinions

Sit Mimosa in private besit

Ek wil aansluit by JOHAN BESTER se brief in Gazette 9 Junie, waarmee ek heelhartig saamstem.

Ek wil aansluit by JOHAN BESTER se brief in Gazette 9 Junie, waarmee ek  heelhartig saamstem.

Gedurende die tagtig en negentigjare toe ons in JOHANNESBURG gewoon het, het ons gereeld met ons karavaan by MIMOSA kom kampeer. Ons kinders en vriende het dan ook n draai by ons gegooi om n genotvolle tyd in n beskaafde en skoon MIMOSA deur te bring.

As ek egter die toestand tans moet vergelyk, het MIMOSA sedertdien na rommel status verval wat my nie verbaas nie.

Die ander groot probleem is egter ook dat oordonderende lawaai partytjies oor naweke tot vroee oggendure duur sonder beheer en inagneming van die inwoners in die omgewing. Gaste wat dan in die omgewing kom kuier en afsaal met die hoop op n rustige naweek, kan nie eens behoorlik slaap met al die luidrugtige lawaai.

Dit is tyd dat MIMOSA in privaat besit beland want die huidige Munisipaliteit beskik beslis nie oor die vermoe om dit te beheer. Ons kan maar net hoop.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button