BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe pa: Enkelouers verdien ‘n klop op die skouer

My vrou het die afgelope naweek ‘n welverdiende blaaskans gekry toe sy na ‘n vriendin in Johannesburg se kombuistee toe was.

My vrou het die afgelope naweek ‘n welverdiende blaaskans gekry toe sy na ‘n vriendin in Johannesburg se kombuistee toe was.
Met baie instruksies oor wanneer Aiden moet eet, watter medisyne hy dalk gaan nodig hê en wanneer hy gewoonlik deur die dag slaap, is sy weg. Toe was dit net ek en hy, bietjie pa en seun tyd. Maar omdat ek ietwat van ’n probleem het met stink doeke omruil, ry ek en Aiden om die naweek bietjie by Ouma en Oupa te gaan kuier. Alhoewel my ouers baie gehelp het met Aiden oor die naweek, was dit steeds uitputtend. Hy is nou op ’n stadium waar hy groot genoeg is om te loop, maar nog te klein om te besef dat hy nie in die swembad moet inloop nie, of dat hy moet afbuk as hy onder ’n tafel wil inkom. So dit is ’n permanente gejaag agter hom aan, om seker te maak dat hy homself nie erg beseer nie.
Hy praat ook nog nie regtig nie, so as hy begin huil, is dit vir my ’n raaisel wat hom pla. Ek voel soos wat argeoloë moes gevoel het, die eerste keer wat hulle Egiptiese hiërogliewe gesien het. Dit is vroeg opstaan, rondhardloop heeldag, seker maak die kind is skoon en sy magie is vol. Teen Sondagmiddag kon ek nie meer my oë oophou nie. Gelukkig het Lizelle so baie na hom verlang dat sy hom opgeraap het en hom heel middag besig gehou het.
Dit het my laat dink aan soveel ouers wat daar is wat nie die hulp het van ’n man of vrou nie. Ek is seker dit word by enkelouers die norm om alleen na kinders te kyk. Maar of hulle dit sal erken of nie, na my ervaring verdien enkelouers ’n reuse klop op die skouer. Dit is moeilik genoeg vir twee mense om te werk en kinders groot te maak. Maar vir ’n ma of pa wat dit alleen aandurf, het ek die wêreld se respek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button