BlogsOpinions

Uit my dagboek: Nuwe pa: In die loopgraaf

Ek sit in ’n vergadering, my foon lui en ek sien dit is die kleuterskool. Ek verskoon myself om te antwoord. Hulle laat weet my dat Aiden geval het. Hy het sy kop gestamp, maar ek hoef nie bekommerd te wees nie, hulle het die wond behandel.

Ek sit in ’n vergadering, my foon lui en ek sien dit is die kleuterskool. Ek verskoon myself om te antwoord. Hulle laat weet my dat Aiden geval het. Hy het sy kop gestamp, maar ek hoef nie bekommerd te wees nie, hulle het die wond behandel.
Die wond? My hart gaan sit in my keel, ek begin bewe, deels van kwaad, deels van skok. Hoe groot is die sogenaamde wond wil ek dadelik weet, maar hulle verseker my dit is nie so erg nie. Alles is onder beheer, hulle gaan hom dophou om seker te maak daar is nie harsingskudding nie. Ek vra dat hulle darem vir my ’n foto stuur dat ek self kan sien.
Toe ek eers verby die groot hoeveelhede mercurochrome kyk, sien ek dat dit werklik net velaf is. Teen die tyd wat ons by die huis kom, het die senuwees bietjie kalmeer. Ek sien duidelik dat ons almal groter geskrik het as Aiden.
Hy glimlag en poseer vir die kamera, heel trots met sy wond. Dit maak my nou eers bekommerd, dat die rowwe mannetjie eintlik trots is op sy hou. Dit sê vir my hy gaan meer gereeld sulke houe kry. Die oupas sweer wraak omdat niemand gekeer het dat hy val nie. Ek besef self dat sy brein vinniger werk as sy bene. Hy val gereeld en ongelukkig het hy nou bietjie bloederig uit die loopgraaf geklim.
Dit herinner my net dat al wil jy as ouer hoe graag jou bloedjie beskerm teen al die seer en sleg van die wêreld, is dit onmoontlik. Dit laat my ook besef dat kinders baie meer veerkragtig is as waarvoor ons hulle krediet gee.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button