LetterOpinions

Water lek al sewe maande!

Mnr. Anton Stapelberg van Sasolburg skryf:

Mnr. Anton Stapelberg van Sasolburg skryf:

Ek probeer al vir meer as sewe maande om iemand te kry om te reageer op my klagte van ‘n brandkraan wat baie water lek. Die DA, AfriForum en ‘n klomp CPF-mense het al gestop en gevra oor die waterlek op die hoek van Italeni- en Dal Josaphatstraat in Sasolburg en almal het gesê hulle sou mense kry om dit te kom regmaak.

My bure langs my en oorkant die pad het ook al vir die stadsingenieur foto’s gestuur. Ek vra nou, wat moet ek doen om my stem te laat hoor? Mense kla oor die watertekort – water wat nie gemors moet word nie! Laat die mense van Sasolburg sien waarvoor hulle belasting betaal.Ek moes kyk of ek die water kan weglei want dit raak al baie nat en ‘n groot gemors in my erf.

Help asseblief!

Related Articles

Back to top button