LetterOpinions

AfriForum veroordeel rassisme en dubbele standaarde

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, skryf:

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, skryf:

AfriForum keur alle vorme van rassisme af en moedig die publiek aan om hulle nie tot rassistiese kommentaar te wend wanneer hulle hul frustrasies met die situasie in Suid-Afrika uitspreek nie.

Alle vorme van rassisme moet met dieselfde mate van afkeur veroordeel word. Die dubbele standaarde wat in Suid-Afrika gehandhaaf word wanneer dit by kwessies soos rassisme en aanhitsing kom, is egter skreiend.

AfriForum het al klagtes by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ingedien teen lede van die publiek wat hulle aan aanhitsing tot geweld op ’n rassistiese grondslag skuldig maak. Nog nie een van hierdie sake is deur die SAMRK of die SAPD afgehandel nie.

Wit rassisme word uit alle oorde veroordeel, ook deur AfriForum. Dit wil egter vir ons voorkom asof baie van die meningsvormers en organisasies wat hulle so sterk teen wit rassisme uitspreek, swyg wanneer swartmense hulle aan dieselfde gedrag skuldig maak. Dít opsigself, is rassisme.

AfriForum is van mening dat daar niks rassisties daaraan is om kommer uit te spreek oor die gevoel van aanspraak (entitlement) en rassisme teenoor minderhede wat deur opportunistiese politieke organisasies aangehits word nie.

AfriForum spreek hom ten sterkste teen wit rassisme sowel as swart rassisme uit, en doen ’n beroep op ander organisasies en meningsvormers om alle vorme van rassisme in dieselfde mate te verwerp.

Related Articles

Back to top button