LetterOpinions

BRIEF: Leer ons dan nooit nie

Ons word almal so dikwels gewaarsku om nie vreemdelinge toe te laat om in jou huis te kom om jou badkamer te gebruik nie. Maar as daar twee vriendelike en mooi jongmense na hul ma se tannie soek wat ook in Goue Jare woon, en skielik naar en sleg begin voel, dink jy nie twee maal om hulle in te nooi nie.

Hannetjie Pieterse skryf:
Ons word almal so dikwels gewaarsku om nie vreemdelinge toe te laat om in jou huis te kom om jou badkamer te gebruik nie. Maar as daar twee vriendelike en mooi jongmense na hul ma se tannie soek wat ook in Goue Jare woon, en skielik naar en sleg begin voel, dink jy nie twee maal om hulle in te nooi nie.
Daar trap ek sowaar in die slaggat. Ek het die jongmense by iemand wat ook hier woon gesien, waar die man gesê het hy het op pad ’n vleispasteitjie by die motorhawe gekoop en hy is seker dis wat hom so sleg laat voel. Die persoon by wie hulle was, het hom toegelaat om badkamer toe te gaan en toe hy terug is op die stoep was hy papnat gesweet en nogal bleek.
Ek nooi hulle toe na ons huis toe waar ek vir hom in die kombuis koeksoda gegee het om te drink. Hy vra toe of hy net sy gesig kan gaan natmaak want hy voel regtig baie sleg. Terwyl ek en my man en die jong meisie in die sitkamer sit, het hy sy gesig gaan was en nogal ‘n rukkie weggebly. Toe hy terugkom was hy nog meer natgesweet. Ek het hom aangeraai om na ’n apteek te gaan waar die apteker hom sekerlik iets sal kan gee wat hom beter laat voel.
Die meisie vra toe of sy net gou ook ’n draaitjie kan loop voor hulle teruggaan. Sy woorde aan haar was:” Die badkamer is net af in die gang en draai links, die bediende is daar.” Toe hulle groet om te loop het hy my ‘n drukkie en sowaar nog ‘n soen ook gegee en die meisie het gesê:” Die Here sal tannie hulle seën.”
Dit is ongelukkig nie die einde van die verhaal nie. Die volgende dag vra die vrou waar ek die twee mense gekry het of hulle my ook besteel het. Ek was stom van verbasing, dis dan sulke oulike jongmense!
Toe die vrou die aand haar oorbelle afhaal en dit in die juweledosie op haar spieëlkas wou sit, is die juweledosie nie op sy plek nie. Later die aand het sy iets uit ’n spaarkamerkas gaan haal en sowaar, hier staan die juwelekissie in die ander kas, minus haar goue ketting en ’n pragtige outydse borsspeld.
Ek het dadelik gaan seker maak of daar iets by my weg is, maar gelukkig vir my huishulp wat op die oomblik toe die jongmense in ons huis was, in ons slaapkamer besig was om af te stof, anders was ons seker ook besteel.
Ek weet dat my selfoon, tablet en handsak op my bed gelê het toe die huishulp daar afgestof het. Toe maak die man se woorde:” Net af in die gang en draai links, die bediende is daar” skielik vir my sin, hy het haar gewaarsku.
Dieselfde het ook by Villa Riviera gebeur, die man was ook baie naar en natgesweet en wou die badkamer gebruik. Hulle het ook daar hulle hande op ’n paar stukke juwele gelê. Leer ons dan nooit nie?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button