LetterOpinions

Departement kan trots wees op sulke ‘arbeiders’

Dirk van der Westhuizen van Vaalpark skryf:

Dirk van der Westhuizen van Vaalpark skryf:

Einde Maart vanjaar het ek afgetree en in April gaan registreer vir UIF by die Departement van Arbeid in Sasolburg. Die oggend van 13 April om 06:30 het ek in die ry gaan staan om te registreer; ek was nommer 42 in die ry. Daar is vyf persone wat help met registrasies en twee waar jy elke maand teken. Ek was om 12:15 klaar geregistreer, na 5 uur en 45 minute. (Geen probleem nie).

Ek het op 8 Junie vir die tweede keer gaan teken. Ek wil deur middel van Vaalweekblad almal bedank wat by die Department van Arbeid in Sasolburg werk, want in my tye wat ek gewag het, het ek gewonder wanneer kan dié mense tee of water drink, wanneer kan hulle eet en wanneer kan hulle toilet toe gaan. Só werk hulle vyf dae ‘n week en dan kry jy nog mense wat ongeduldig en ongeskik raak omdat hulle so lank in die ry moet staan.

Ek dink hulle gee ongelooflike goeie diens en miskien moet die Departement dit oorweeg om ‘n groter lokaal en meer personeel aan te stel aangesien hulle +/-200 mense per dag help.Dankie aan Juliah Khanye en die ander personeel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button