BlogsOpinionsOre / Wysneus

Diegene wat brande stig het nie respek vir ander

Wintertyd is gewoonlik veldbrand-tyd en diegene wat sulke brande stig, het geen respek vir ander wesens nie.

Wintertyd is gewoonlik veldbrand-tyd en diegene wat sulke brande stig, het geen respek vir ander wesens nie.

Wanneer ‘n mens gewoonlik aan veldbrande dink, dink jy dikwels aan die moontlike ekonomiese skade wat dit kan aanrig of die gevaar wat dit moontlik vir menselewens inhou. Wysneus het egter die afgelope naweek weer besef dat dit baie meer wesens raak. Die afgelope Saterdag het Wysneus, net soos talle ander inwoners, in Coronationstraat in die rigting van Dolimitestraat in Carletonville gery. Die veld aan die regterkant van die pad was goed aan die brand.

Wysneus was net besig om half gelukkig te voel dat die klomp gemors wat morsjorse langs die pad gegooi het, besig was om uit te brand. Skielik het hy egter ‘n kiewiet voor hom in die pad gesien wat verbouereerd rondgetrippel het en in die rigting van die brandende veld gekyk het. Wysneus moes ‘n keer of wat toet voor die voĂ«ltjie in die pad van sy kar beweeg het.

Die kiewiet was duidelik erg gedisoriĂ«nteerd en Wysneus kon maar net dink wat die arme ding sĂł ontstel het. Dalk het sy maatjie doodgebrand of dalk was sy nessie aan die brand… Wysneus se hart was sommer swaar terwyl hy verder gery het. Besef die mense wat sommer stompies by die venster uitgooi of vir die pret die veld aan die brand steek wat hulle doen? Wysneus wens soms die brandstigters raak op ‘n manier self aan die brand dat hulle kan leer watter groot skade hulle aanrig.

Só van die rommel aan die kant van die pad gepraat, dit lyk of die rommelstrooiers nou heeltemal handuit ruk. Oral waar mens deesdae in Carletonville ry, sien jy gemors. Dít is ondanks ‘n groep weldoeners nou al meer as een keer moeite gedoen het om die dorp te probeer skoonmaak.
Wat het van ons inwoners se trots en waardes geword?

Hoewel diĂ© stelling Wysneus nogal soos ‘n middeljarige skoolhoof laat klink, is dit presies wat deur sy klop gaan wanneer hy deur van die bemorste areas ry. Nee wat, indien mense sĂł aanhou, verdien hulle om deur ‘n rot of twee, wat deur die gemors gelok is, aan die toon of iewers ergers gebyt te word. Nee man, dis nie hoe beskaafde mense leef nie!

Alles was egter darem nie die afgelope week net sleg nie. Wysneus het byvooreeld Maandagmiddag gesien hoe ‘n verkeersbeampte ‘n bestuurder wat een of ander oortreding begaan het, aftrek. Wat die man, wat in Potchefstroomstraat afgetrek is, aangevang het was nie seker nie, maar toe Wysneus daar verbyry, was hy wild besig om met allerhande handgebare aan die “spietkop” te probeer verduidelik dat hy eintlik onskuldig is.

Hoe meer oortreders vasgevat word, hoe veiliger sal ons paaie raak.

Related Articles

Back to top button