BlogsEditor's noteOpinions

Verkeer: Gebruik kundiges by NWU

In die vorige jaar se begroting van die stadsraad is spesiaal melding gemaak van die goeie nuus dat daar begroot is vir die aanstelling van ’n verkeersingenieur vir die stad.

In die vorige jaar se begroting van die stadsraad is spesiaal melding gemaak van die goeie nuus dat daar begroot is vir die aanstelling van ’n verkeersingenieur vir die stad.

So ’n aanstelling is tot vandag toe nie gemaak nie. Na wat verneem word was daar egter ietwat onduidelikheid oor die benaming “verkeersingenieur” omdat daar in werklikheid nie so ’n spesifieke loopbaan/beroep bestaan nie. Dit sal eerder ’n persoon wees wat ’n kombinasie van opleiding en of ervaring het as ’n ingenieur en ’n stad- en streeksbeplanner.

Behalwe dat daar seker tog êrens mense is met bogenoemde onder die hoed, is dit darem ook nie moeilik om raad en hulp te gaan vra by die plaaslike universiteit wat albei bogenoemde rigtings aanbied nie. Dit kan ’n uitstekende voorbeeld word van hoe ’n plaaslike owerheid saam met die plaaslike universiteit ’n probleem saam aangepak en opgelos het! En dat daar ’n probleem is en dat dit baie dringend aangespreek moet word is daar hopelik geen onduidelikheid van die stadsraad nie.

Ongeag die (ekstra) verkeersprobleme en -drukte wat tans ervaar word as gevolg van die gedeeltelike sluiting van Albert Luthuli-laan, is verkeer in die noordelike deel van die stad in die omgewing van die Universiteit ’n groot kopseer en dit gaan met die toenemende verdigting op die Bult net erger word. Soos wat baie mense vrees die infrastruktuur vir veral water en riool nie die groot aantal huishoudings wat nou daar is, en steeds verrys, sal kan hanteer nie, geld dié vrese reeds vir verkeer.

Die Bult bars uit sy nate en die stadsraad lyk of hulle net bly anderpad kyk.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button