LetterOpinions

Ope brief aan ‘Geagte onderwyser’

Net nog ‘n bekommerde ouer skryf:

Net nog ‘n bekommerde ouer skryf:

Graag deel ek u mee dat enigeen wat medikasie gebruik, dikwels alreeds ‘n baie lang pad gestap het om, eerstens die probleem te identifiseer en tweedens by ‘n deskundige aan te klop, wat ná ‘n reeks deeglike toetse (wat derduisende rand kan kos), ‘n diagnose sal maak waarop toepaslike behandeling en terapie dan volg. Hulle en hul ouers, (in die geval van minderjariges) wil dus iets aan die situasie doen.

‘Spesiale-behoefte-kinders’ is dikwels ook met die toestand gebore, hetsy a.g.v. oorerflike toestande of met probleme tydens swangerskap of geboorte. Ook kan dit vanuit ‘n ongeluk of ‘n siektetoestand spruit. In al hierdie gevalle het die individu egter nie ‘n keuse daartoe nie, behalwe die keuse om die probleem aan te spreek en te laat behandel. U daarenteen het weer ‘n keuse of u die probleem en die kind wat die toestand het, op ‘n ingeligte, opgeleide en professionele manier gaan hanteer, of gaan etiketteer tot iemand wat ‘maar só is’. Met die nodige begrip, liefde, aandag, wysheid, insig, kennis, leiding en geduld, kan selfs ‘n hond reg hanteer en geleer word. Hoeveel te meer nog ‘n mens? Met begrip dat dit verseker nie die maklikste taak is nie, is dit egter die waterskeiding tussen onderwysers wat ‘n passie het om kinders tot kennis te lei, en dié wat net onderwysers wil wees.

Wat kinders se huislike omstandighede betref, het u waarskynlik ook nie die algehele prentjie nie en indien u wel rede tot kommer het, is u binnekamer, (of die personeelkamer as dit dan moet), beslis ‘n beter plek om die aangeleentheid te bespreek as in die openbaar tussen kollegas wat na dese ‘n vooropgestelde idee of wanopvatting van die betrokke kind kan hê. Vir die onderwysers wat nog probleme op ‘n professionele wyse hanteer, met die ouers kommunikeer en potensiaal in elke kind raaksien en die vermoë het om dit te ontgin, sê ons baie dankie.

Ons waardeer julle!

Related Articles

Back to top button