BlogsOpinionsOre / Wysneus

Hoe sê Ore – 12 June 2015

Hoe sê Ore - 12 June 2015

So ’n wen nie wen

Ore het ’n briefie by vermoedelik ’n mamma gekry. Sy sê sy was ‘n toeskouer by ‘n tenniswedstryd en wil sê ‘n “oneerlike wen” is nie ‘n wen nie.
“Daar was geen toesig by die baan nie en as ‘n mens gaan kla oor die oneerlikheid, word die skouers net opgetrek.
“Al die mooi word so uit sport geneem en kinders hou op sport doen as gevolg daarvan.
“Wat help dit om hart en siel in jou sport te sit en dan verloor jy as gevolg van oneerlike beslissings. Niks word dus gedoen om kinders eerlikheid op die sportveld te leer nie. Dit was ook nie die eerste keer nie.
“Wat gaan aan met die skolesport deesdae?”

Nie ’n braai

Ore hoor daar was Maandagoggend ’n groot klomp polisiekarre by die Trimpark saamgetrek.
Dit was blykbaar nie ’n reuse braai soos party mense gedink het nie. Ore hoor so nou en dan hou een van die grootkoppe van die polisie ’n groot voertuiginspeksie. Dan word gekyk of die karre opgepas word. Ore is baie bly – veral omdat Ore net Dinsdag gelees het dat die polisie in Vryburg nie ‘n voertuig gehad het om ’n klag by te woon nie.

Mik vir 2019

’n Paar vrinne het vir Ore gevra om uit te vind hoe lank dit neem om ’n huis se plafonne in te sit. Hulle wil net weet want ’n vrind van hulle is nou al maande lank besig met syne! Dis een van daai “ek sal dit self doen dinge!” Hy het nou glo teenoor hulle onderneem dat dit voor die volgende rugby wêreldbeker in 2019 klaar sal wees.
Hierdie jaar se wêreldbeker was blykbaar bietjie gou vir hom!

Nie veel hoop

Ore moet bieg dat hy nie veel hoop het vir ons Springbokke in die wêreldbeker nie.
Heyneke Meyer gaan seker weer die ou klomp kies in plaas van ’n paar jong manne wat graag sal wil naam maak. Ore voorspel ons gaan na die kwarteind huis toe kom.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button