OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

So sms ons lesers – 5 Junie 2015

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak.

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak.

* Ronel van die kankerbossie, kontank my asb. My seun gaan deur hel met rustelose bene. Ek is op WhatsApp ook. Nellie de Jonge (jou nommer ontbreek. Red).

* 05 Ford Bantam 1.3xl Rocam enjin tweedehands sub assembly te koop en op soek na ‘n klein ligte karavaan wat padwaardig is om te koop. 072 345 3722.

* 77-jarige pensioenaris ouma en pleegma van twee ouerlose kleinseuns vra hulp vir klere en skoene, ouderdomme 15 en 17 jaar, albei dieselfde klere, grootte, skoengrootte no 8 en 9, nood is hoog. Groot asb! Baie dankie. 079 506 9650.

* Al wat die regering nou doen met hulle dwang-aksie om e-tol geld in te win, is dat die motoriste nou nog meer sonder bestuurs- en voertuiglisensies gaan ry. Dit maak nou weer deure oop dat daar nou nog meer vervalste bestuurs- en voertuiglisensies uitgereik gaan word. Hulle veroorsaak nou net nog meer korrupsie. Nog ‘n lekker turksvy wat hulle nie kan hanteer nie.

* Daar is ‘n winkelsentrum in Vanderbijlpark wat nog geld vra voor jy die badkamers mag gebruik. Die dame gee tot vir jou ‘n stukkie toiletpapier saam… (nie die rol papier nie). Sy kyk seker na jou uitdrukking en besluit dan hoeveel papier nodig gaan wees. Ek reken daai gesegde is waar….. jy gaan k@k en betaal!

* Dagsê. Ek het so 50 Afrikaanse storieboeke om te ruil vir ander. Baie dankie. 082 213 1538.

* Dankie Annette, het gedoen wat jy meegedeel het in Vaalweekblad i.v.m. my leerstewels en dit werk. Nogmaals dankie. Groete.

* Die skoolklerewinkel is in dieselfde blok as die apteek wat ook buitensporige pryse vra. Ek verstaan almal wil graag geld maak, maar die twee verskaffers ruk die dam onder die eend se g@t uit.

* Ek is op soek na enige rakke. 083 409 7495.

* Ek is op soek na suurlemoene, ‘n bar en die waskom wat die oumense gebruik het. Johan. (016) 971 2080.

* Ek sien vandat al die standbeelde afgebreek en verwyder is, leef almal nou lekker in SA, almal het nou werk, huise, water, krag en rioolgeriewe. Hulle moes dit lankal al afgebreek en verwyder het. Selfs die e-tol het goedkoper geword. Of verbeel ek my?

* Ek soek na ‘n boek deur F.A. Venter met die titel Beloofdeland. Sal daarvoor betaal. Willie. 083 423 5278. Dankie.

* Goeie dag almal ek wil net graag hoor is daar dalk iemand wat ‘n fiets het om vir my te skenk wat hulle nie meer gebruik nie? Nico. 061 291 9657. Baie dankie.

* Goeiedag, ek is op soek na ‘n drieslaapkamer meenthuis in Vanderbijlpark. Ek het diere en kan tot R5 000 per maand bekostig. Verkieslik in die S-areas. 072 961 6229. Baie dankie.

* Gratis nege maande-oue Labrador teef vir ‘n goeie huis. 082 824 0576.

* Hallo almal, lekke lag ek vir die SMS’e in Vaalweekblad. Mense julle is funny. Hou op kla, die lewe is wat jy maak daarvan. Kan iemand my sê wanneer is Wiggle Waggle-dag die jaar? Dankie Jenny. (16 Julie by Stonehaven on Vaal – Red)

* Hallo daar, die straatlig op die hoek van Bowker- en Versveldstraat is amper alweer ‘n jaar buite werking. Het dit hoeveel keer gerapporteer, dan sê hulle net we will report it! Het al die grootbaas by krag klagtes gekontak, maar hy is alewig uit. Dit is so donker hulle steel die watermeters, jy hoor, maar jy kan nie sien nie. So as dit donker is moet hulle al die meters steel, miskien sal daar dan iets gebeur. Ek hoop van die munisipaliteit se mense lees die stuk dan kan hulle daaroor nadink. Groete.

* Hello almal. Ek soek groot asb. bottels vir inlê, sal kom haal. Moet in Sasol of Vanderbijl wees asb. Elmarie. 072 263 6997. Dankie.

* Het jy jou motor gediens en weet nie wat om met die ou olie te doen? Ek kom haal dit gratis. Bel, SMS of WhatsApp my by 074 140 3521. Riaan.

* Het jy klere en komberse wat jy nie meer gebruik nie? Wil jy ontslae raak daarvan? Bel my gerus by 076 482 0953. Ek sal dit kom haal. Het dit nodig vir mense in nood. Baie dankie vir jou hulp.

* Het woonstel in Vereeniging vir enkel persoon om mee te deel. 079 622 9326.

* Hi ek wil net hoor of iemand daar buite kan help ek sit sonder werk en wil graag uitvind vir klere vir my kinders van 5 tot 10, twee seuns 5 en 7 en dogter 10 en ook mans en vroueklere as iemand kan help. Sal kom optel. WhatsApp. 076 434 4904. Dankie baie.

* Hoekom is daar ‘n groot blok in Arcon Park se ligte aan as daar loadshedding is? Baie onregverdig!!!

* Hoekom word die dokters se tariewe nie ook ‘n bietjie ondersoek nie? Dis deur hulle wat die mediese fondse so hoog en onbekostigbaar word vir Jan Publiek. Word die mediese skema lede en fondse nie baie uitgebyt nie?

* I am surprised today, recently I bought a vehicle and had to get it tested for roadworthy. I went to Global Vehicle testing situated in Vereeniging town and what a great experience, for the first time in my life I saw a lady testing vehicles. I had my doubts, but as soon as she started with my vehicle, I was really like in wow, because I have never seen someone so professional and friendly. She surely knows her job well. So people please support that station. I will go back there anytime just to get my cars tested by her. Your boss can be proud of you. Anton.

* If my watch was picked up at Spar Vaalpark on Friday, May 22, please contact me on 082 266 5087. There is a reward! It is sentimental to me! Thanks.

*Ja ou Kalimarie net so gaan dit ‘n warm somer wees, so asb. probeer minder vervelig wees. Oom Fred.

* ‘n Slaghuis in Sasol: dit was beter toe die jong dame gehelp het as mens betaal, daai ou tannie moet bietjie leer om met mense te werk. Sal eerder na ‘n ander een toe gaan. Beter so, mens skuld jou niks. Betaal net jou goed.

* Mlaba van Jhb, hoekom moet BHP Billiton Smelters toegemaak word? Daar is so baie mense wat sonder ‘n inkomste sal wees, mense wat op straat sal wees, honger kinders en verdere styging in die werkloosheidsyfer. Het jy nie ‘n hart nie? Jy sit seker in luuksheid en gee nie om vir daardie werknemers nie. Die ooreenkoms is tussen Billiton en Eskom. Wat het dit te doen met die werknemers? As al die munisipaliteite die straatligte in die dag afsit, sal daar ook baie krag gespaar word. Jennifer.

* Ek wil net graag sê ‘n sekere hospitaal in Sasolburg is baie ongeskik en onbehulpsaam. Ek het my arm gebreek, maar hulle wou my nie help nie. Hulle het gesê dit is nie ‘n noodgeval nie. Ek is toe na Mediclinic Emfuleni! Wow, dit was fantastiese diens. Ek wil almal graag bedank by Mediclinic wat so mooi na my gekyk het, julle is tops. Hou so aan.

* More ek wil net dankie sê aan die mooi blonde vrou wat Sondag 24 Mei vir my ‘n Wiesenhof broodjie by Makrovaal gegee het. Dit was baie lekker dankie. Karwag by Makro.

* Munisipale rekeningprobleme! Foutiewe rekenings, foutiewe meters, foutiewe lesings en skattings, foutiewe waardasies. Skakel Johan Pieterse by 083 266 1676 of 083 295 5525, Maandae tot Vrydae: 07:00 tot 16:00.

* Ek is dringend op soek na ‘n ander huis om te huur vir sowat R4 000 per maand in die CW-area. Elizabeth. 072 019 7808. Vanderbijlpark.

* Ek is g@tvol vir hierdie Chinese in ons land wat ons uitbuit in ons eie land. So betaal ek mos vandag R66 vir 21 afskrifte. R3 ‘n afskrif. Ek dog ek skiet ‘n koronêr tot in China en terug… Is ek verkeerd mense? En dan was die kwaliteit ook nog poef. Van ‘n platsak onnie.

* Ons inwoners word almal deur beurtkrag geraak. Ek verstaan nie hoekom die Fezile Dabi Distriksraadkantore nie geraak word nie. Weerskante van die gebou is in donkerte gehul, maar daar brand die ligte asof dit deel van ‘n mallemeule is. Dit kom nie van hul massiewe diesel opwekker nie – nog ‘n wit olifant. Leon.

* Op 19 Mei het ek vir die eerste keer oupa geword. Baie dankie aan die personeel en dokter Verwy. Beste diens by ‘n hospitaal in ‘n lang tyd. Ek sal Cormed enige tyd aanbeveel. Dankie. Oupa Willie Terblanche.

* Outydse babastootwa met groot wiele gesoek om te koop. 084 342 2419.

* Outydse meubels, gereedskap, erdeware en blikspeelgoed gesoek. Enige toestand. 073 087 0967.

* Probleem in aftree oord in Drie Riviere…wilde diere..

* Redakteur ek’s Eric Kotzee en het ‘n goeie storie oor myself, naamlik ‘n oudburgemeester wat nou op straat moet bedel aangesien die Dept. van Arbeid weier om my eis uit te betaal nadat ek gedeeltelike gebruik van my arm verloor het. Sal u ewig dankbaar wees as u dit plaas. Baie dankie.

* Respek vir kontrakteur met die naam Christo wat diens lewer vir Santam, met dank vir puik loodgieter en teelwerk. Waardeer. Tevrede klant.

* Sal die persoon wat goeie gebruikte klere wil koop asb. haar nommer verskaf? Dankie.

* Sien Noordhoekskool CW4 ry die takke en vuilgoed weg in skooljaart. Kan hul nie groot asb. die hope grond wat hul uitgery het vir taxi-staanplek ook wegry nie? Die hope lyk soos ‘n seer oog. Dit lê al seker twee jaar daar, die bossies groei daaroor. Mense dink al dis vullishope en gooi vuilgoed daar weg. Asb. ons vra mooi. Dit lyk sleg. Dankie.

* Soek ‘n buitekamer om in te bly vir twee persone in Vanderbijlpark, kan R600 bekostig. Santjie Aarloo. 076 815 8940.

* The bhp billiton aluminium smelters have a new name, south32. Is the Eskom agreement still valid? They must pay full price! Public must speak up. Close the smelters. Mlaba Jhb.

* To the comment of Mlaba from Jhb in regards to South 32, at least the smelters pay their electricity accounts, it might be easy for you to say close the smelters, there are many families depending on the survival of smelters to make a living. Why not leave the smelters alone who do pay municipal accounts and hammer on those who don’t pay accounts? Proud business partner of the bhp billiton south 32, J. from Vdbp.

* Waar kry hierdie toppie Kalamarie sy info oor die weer vandaan? Het altyd ‘n bekvol oor alles en almal.

* Wens die twee besoekers van Vanderbijlpark sterkte en beterskap toe na hulle ongeluk tydens hulle uitstappie op Robberg in Plett.

* Werklose pappa met gesin van vier, doen beroep op die menslikheid van ons mense wat omgee, vir hulp. Enige mans-, vroue en kinderklere sal waardeer word. Met winter op hande en koue wat vat-vat is komberse ‘n moet om kinderlyfies warm te hou. Enige hulp sal waardeer word. Baie dankie. 076 434 4904.

* Wil net graag weet hoekom groot ongelukke waar mense oorlede is, nie in koerant geplaas word nie? Stel maar net belang wat gebeur het, kry mensies jammer. (Soms verkies die familielede dit – Red).

* Ag foeitog naamloos, ek weet nie eers hoe om te antwoord nie. Jy los geen aanduiding of jy man of vrou is nie. As ek so kyk na die spelling van my van kan ek die afleiding maak dat jy dalk nog ‘n kind is. Gaan speel met jou karretjies/poppe toe. Louis Claes.

* Ai mensie, moenie so naar wees met oom Kalimarie nie, jy ken nie hom of sy omstandighede nie. Dit gee hom vreugde om Louis Clues na te aap. Moet dit net nie lees nie.

* Baie dringend te koop gevra: ‘n Valia sporthemp en sweetpak 2 of 3 xx, skakel asb. 082 478 2584.

* Dag lesers, ek het ‘n skoolbaadjie en das van Carel de Wet, gratis vir iemand wat dit sal waardeer. 071 268 5455.

* Dag lesers, indien enigeen dalk ‘n bruin toerits dagboek opgetel het, skakel of SMS my asb. by 083 302 2740.

* Aan die twee dames wat kankerbos verkoop, stuur asb. kontaknommers. Ek ly aan ED. Kiwiet.

* Dame soek dringend eenslaapkamer tuinwoonstel in Drie Riviere of Arconpark of onmiddellike omgewing. Kan R3 000 pm bekostig. Lenie. 082 268 20241 (jou nommer is te lank Lenie. Red).

* Die persoon wat heerlike pies, cravy en chips soek gaan gerus na Hotpot restaurant in Houtkopweg, Vereeniging. Jy sal nie spyt wees nie, dis finger licking lekker. Probeer gerus.

* Ek het ‘n hoop gebreekte bakstene om weg te gee as iemand dit kan gebruik. Moet self kom haal asb. Is in Sasolburg. 072 486 2660.

* Ek is op soek na ‘n 3-skaar ploeg en slasher. Kan Jaco wat vir my een hou my asb. WhatsApp? Shaun. 076 368 0975.

*Ek wil so graag ‘n dier aanhou, maar as ek sien wat veeartse se tariewe deesdae is, bly ek maar sonder hulle.

* Frik Lotz gaan spring in die dam saam met VF en bly net stil…. Boer.

* Goeie dag, ek is asb. op soek na ‘n vloerpoleerder of ‘n matwasser. Dankie. 082 568 7179 (Nicky) en 084 876 6289 (Marie). Dankie.

* Goeie more ek is op soek na beddegoed en gordyne, klere vir ‘n 7-jarige seuntjie en breekgoed enige iets sal waardeer word. Sussan. 079 076 2812.

* Ek is op soek na kot en kinderklere vir dogtertjies, ek het drie. Hulle is 4, 3 en 2 asb. Ek’s ‘n enkelmamma, woon in Vdbp. Liza. 060 713 8973.

* Goeie more ek’s ‘n enkelmanma met twee seuntjies, een van 1 jaar en een van 4 jaar. Ek wil hoor of iemand nie dalk ou klere het vir my om te skenk nie. Ek woon in Vdbp. Angelique. 084 237 1875.

* Goeiemore ek sal graag wil weet hoekom Checkers Vdbp. nie meer hengelgerei aanhou nie. Groete Oom Kalimarie.

* Het dringend adult nappies nodig of slip on doeke large of extra large wat u nie gebruik nie. Kan my gerus skakel by 082 425 9955. Vereeniging.

* JC…jy wat so tekere gaan oor swak dienslewering…laat ons asb. hoor wat het jy al gedoen om ‘n punt te maak? Betaal jy nog steeds belasting? Jou kragrek? Ens? Laat weet ons wag om te hoor sodat ons kan inval by jou veldtog.

* Kan iemand net vir my verduidelik? As die winter kom is hier allerhande streng kleredragreëls by skole wat nie oortree mag word nie en dit is nie so lekker warm soos die onderwysers nie, nee hulle het warm baadjies aan, warm sweetpakke en tekkies!
Wat van die kinders van graad 1 tot -12 wat voor julle in die klaskamer sit? Kry julle nie net ‘n klein bietjie skaam nie? Nee want jy’s ‘n onderwyser! Mmmmmm ja. Alet.

* Kan julle nie asb. ‘n Pa en Kind of beter Pa en Dogter-kompetisie loods nie? Gee die pa’s ook ‘n kans. Dankie, sal dit geniet. Ouma.

* Lorraine Mc Hardy are u just as proud about the many Afrikaners u English have murdererd during that same war u so sarcastic about?

* Oom Fred, koop vandag spesiaal vir jou altyd koue voete ‘n paar snoesige pantoffels, te styf al is dit een nommer groter, ai na al die jare weet ek nie meer, wil jou naweek drinkerbroeder die resep vra, ek smag na ‘n bietjie liefde en hitte soos die pantoffels vir jou vyftigste verjaardag my skat, lekker verjaar!

* Mense, pas julle tande op. Tandartse se kostes is nie meer ‘n grap nie. R776 vir een stopsel en 10 minute se werk. Belaglik.

* Nou toe ou JC, as jy so oulik is, neem die leiding. Ek is reg agter jou.Willa.

* Salon Dot het geskuif na Mc Intyrestraat 18 Sasolburg.

* Wil dankie sê vir Natasha van Sasol. Sy’s ‘n engel uit die hemel! Sy is altyd daar vir ons minderbevoorregtes, neem aan brief van Boetie verwys ook na haar.

* Woon jy in Vanderbijkpark en het jy ‘n lapa? Wil jou net waarsku hier loop ‘n swartman en beloof om jou grasdak te kam, jy moet hom net geld gee om die gras te koop. Jy sien hom en die gras nooit. Weg met jou geld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button