LetterOpinions

Parke-afdeling stel teleur

Teleurgestelde inwoner skryf:

Teleurgestelde inwoner skryf:

Ek woon in SE3 in Vanderbijlpark. Die straatbome is pragtig in die somer, maar in die winter gooi hulle al die pragtige blare af. Ek het al ‘n jaar gelede die Parke-afdeling van die Emfuleni Plaaslike munisipaliteit versoek om die bome te kom snoei. Ek moet ook noem dat dit in meer as tien jaar nog nooit gesnoei is nie.

Ek het al verskeie persone genader, so ook die hoof van die Parke-afdeling, mnr. Baldwin Hartley. Hy het verlede jaar vir my gesê dat dié munisipaliteit nie die nodige toerusting het om die hoë bome te snoei nie, maar dat die nuwe finansiële jaar op 1 Julie 2014 begin, waarna daar aandag aan die bome gegee sal word.

Dit is nou ‘n jaar later. Die munisipaliteit het wel op ‘n dag uitgekom en twee kleiner takke afgesaag. Hulle het gesê dat hulle sal terugkom, maar ek het nooit weer van hulle gehoor nie. Na tientalle oproepe, gebeur daar steeds niks.

Om ‘n privaat persoon te kry om die bome te snoei, gaan my sowat R2 000 per boom kos. My vraag is nou: Waarom moet ek betaal vir iets wat aan die munisipaliteit behoort? Waar gaan my dienstegeld heen?

Kan ek maar vir drie maande my dienstegeld terughou en dit aan die privaat persoon betaal om my bome te kom snoei?

Related Articles

Back to top button