OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

Let’s talk / praat saam sms – 29 May 2015

Let's talk / praat saam sms - 29 May 2015

  • Totale chaos! Nuwe verkeerslig!!
    Die nuwe verkeerslig by die Mall gaan baie oulik werk as al die Potchefstromers net weet hoe hy werk! Die verkeerslig werk anders as die een wat daar altyd was en die Potchefstromers verstaan hom glad nie! Daar gaan verseker een of ander tyd ‘n groot ongeluk wees. Die pyle flikker eers groen voordat die res van die voertuie kan ry. Dit was altyd anders om, en dit veroorsaak nou dat die mense in die middel van die pad staan en nog wil draai terwyl die verkeerslig lankal rooi is. Kan iemand van die verkeer net asseblief inligting verskaf om moontlike ongelukke te voorkom? Hoe lank moet ons nog wag vir die verkeerslig in Paryslaan om te werk en vir die pad om klaar te kom? Die verandering aan die pad het al in Desember 2014 begin.
  • Inwoners van Bloekenhout-laan 6, kom sien vir Pieter die groot karwag by Miederpark Spar ivm. ‘n dokument wat ek opgetel het.
  • Gee, how can this restaurant charge R6 for an extra slice of toast? A person can buy half a loaf with that money. Shame on you, Dolly.
  • Ou groot karwag, oom Pieter jy is tops. Kom Herald maak al sy besonderhede vir ons bekend. Die 40-groep.
  • Anoniem, ek stem nie saam met jou nie, ek het al verskeie keer my kinders in die voertuig onder oom Pieter se toesig gelos sonder probleme. Dankie ons ou groot karwag, oom Pieter. Rina.
  • Anoniem jy skryf die dinge van oom Pieter. Jy probeer verdoesel dat jy hom nie tip nie. Jy en al die ander wat hom nie tip nie en op ons ander se rug ry is die skynheiliges. Meraai Potch.
  • Anoniem weet jy dat ou groot beer al 6:00 in die oggend daar is vir ons wat in veiligheid wil kitsbanke gebruik. Hy maak al daai tyd skoon op die perseel sonder ‘n sent vergoeding. Ek sal ook anoniem bly as ek jy is. Tannie Hanna.
  • Anoniem hoekom gaan parkeer jy nie jou kar dan by die voorste karwag as hy dan so goed is nie? Pieter jy is ons ou groot karwag.
  • Hier in Strausslaan loop water nou al vir maande vrylik weg. Ek het al die munisipaliteit gebel en dit by drie raadslede aangemeld, maar die water vloei nog lustig. Cecil de Villiers.
  • Moes ‘n maand gelede noodgedwonge van iemand anders gebruik maak as gewoonlik om my vrieskas te herstel. Wat ‘n teleurstelling en R750 verder.
    Hy het die vrieskas kom haal en teruggebring met ‘n motor wat nie afskakel nie en vreeslik krag gebruik. Het hom dadelik laat weet. Dit was 1 Mei en het nog net beloftes gekry dat hy dit sal kom haal en regmaak. Maar hy het mos nou klaar die geld uit my.
  • Did you have breakfast this morning? Thank the farmer.
  • Dink hul deur die spoedgrens te verlaag dat ongelukke gaan verminder. Die probleem is die wetstoepassing of gebrek daaraan. Jy ry die voorgeskrewe spoed dan vlieg die nuwe generasie bestuurders by jou verby.
    Op draaie en hoogtes, soliede sperstrepe niks keer hul nie. Snags sonder ligte wat behoorlik werk. Stopstrate en verkeersligte word geïgnoreer. Kry die spietkop om sy werk te doen. Frikkie van Vrede.
  • Ek het sinus, my neus is toe, so ek kan nie ruik nie. Ek is ook nie met die helmet gebore nie, so ek kan nie vooruit sien nie. So wees maar bedagsaam en sit asb. daai ding aan jou stuurwiel aan wat jou kar se ligte laat flikker sodat ek ook vroegtydig kan weet as jy besluit om te draai.
  • Shoprite kan trots wees om iemand soos Norah Moloi in hulle diens te hê. Norah dankie vir al jou hulp toe ek so gesukkel het met my Sassakaart. Jy is ‘n ster. Me. Jacobs.
  • Dankie “Dorpie”, dit is goed om te weet dat daar nog mense by die munisipaliteit werk wie se werk sy trots is, en dienslewering ‘n prioriteit.
  • Baie dankie aan Marius by Miederpark Spar wat my beursie opgetel het en vir Don gaan gee het. Wens ek het meer geld by my gehad om vir jou te gee.
    Baie dankie vir Don en die sekuriteitsbeampte ook, daar is darem nog mense wat omgee en ander se goed respekteer. Pangaman van Potch.
  • Is u ‘n Christen gelowige met ‘n salwing om vir ‘n siek persoon te bid? 072 012 3416.
  • Die Lotto het skielik allerhande swanky advertensies in Afrikaans op sekere radiostasies. Ek wonder hoekom. Agie.
  • Eish, party mense se besigheid-etiek laat veel te wense …
  • Dis darem nou tragies dat ‘n mens nie een ou marshmallowtjie in die huis het om te geniet so by kerslig om die kombuistafel met beurtkrag nie.
  • Wat is die groot rede dat die water lek in die pad reg voor Dr. Beyers Laan 284 na soveel kere wat dit gerapporteer is nog nie herstel is nie. Is dit agv. nie genoeg personeel nie of onkunde? Kry dan ‘n kontrakteur, want daar is nog baie ander plekke in die stad waar daar waterlekke in die strate of op die sypaadjies is en ons weet almal water is kosbaar, so sit skouer aan die wiel en begin dinge doen.
  • Geagte familie, vriende en whatever: ek is nie speedy gonzales nie, so gee asb. kans vir my om by die foon uit te kom en laat lui maar so 10 of 15 luie asb. Ek is nie heeldag naby die foon om dadelik te antwoord op jou roepstem nie. Dankie.
  • Aan my mede Volkie-mamma wat genoem het dat Volkies se 2de hokkiespan die “uitskot” is – almal wil graag in die 1ste span speel, maar daar is nie vir hom plek nie. En in elk geval praat mens nie so van ander mense se kinders nie.
  • Na die Volkie-Gimmie hokkiewedstryd van 18 Mei is ek skaam om ‘n Volkie-ouer genoem te word.
  • Ek groet jou oom Joe Mokwena. Ek was bevoorreg om jou te ken. Jy was ‘n merkwaardige man en waarlik ‘n voorbeeld vir alle mense.
    Geen haat was in jou lewe, slegs liefde en verdraagsaamheid want ons het saam uit die fontein van Lewende Water gedrink. Troos aan almal wat hom liefgehad het. Trudie van den Berg (Grobler) voorheen van FAMSA.
  • Casapark inwoners beveel aan dat die persoon wat negatiewe kommentaar gelewer het ‘n week gelede, welkom is om elders te gaan koop.
    Casapark het ‘n goeie bestuur. Ons het nie negatiewe persone soos die klaer wat glo 2 jaar al probeer om hier te koop nie! Hou asb. verby!
  • ABSA: Die een op Potchefstroom is 1 persent beter as die Absa in Seepunt in die Kaap. Stem saam, totaal onbevoeg. Verander gerus van bank! Maryke.
  • Boerbeskuit: baie netjiese, bejaarde egpaar sit by die uitgang van die dorp op Jhb pad met koekies en beskuit. Ondersteun hulle asb.
  • Baie geluk Ons Hoop Meisieskoshuis met nog ‘n suksesvolle Ma en Dogteraand. Magriet en Martie julle is sterre, wat ‘n pragtige aand. Dankie. Van al die Volkskool ouers en vriende.
  • Ek wil net sê Potchefstroom Hospitaal is ‘n baie goeie en skoon hospitaal.
    Ek het ‘n probleem met my been gehad en die dokters van OPD het dit binne ‘n week herstel.
    Kan net dankie sê vir die dokters en personeel van die hospitaal, ek kan enige persoon aanraai om na die hospitaal te gaan. Nogmaals dankie.
  • Aan die student wat beroof is en alle hondeliefhebbers wil ek net sê, neem asb. julle hondjies se geblaf ernstig op, dan sal ons nie gereeld hoor van inwoners wat die geblaf net nie meer kon vat nie en die hondjie iets aandoen nie.
    Daar lê jy rustig en ignoreer jy sy waarskuwingsblaffie en word beroof.
    Aan alle hondeliefhebbers, het julle geweet dat ‘n mens ‘n hond kan leer om nie onnodig te blaf nie? Leer dit aan en ons lewe almal saam in harmonie. Daantjie.
  • Ek het vandag (21.05.2015) my voertuiglisensie laat hernu by Potch se lisensiekantore. Ek was heel aangenaam verras oor die puik diens.
    Charlene het mooi gehelp en al my ‘dom’ vrae het sy beantwoord en alles mooi verduidelik. Daar was nie eers rye mense nie. Self die kassiere was vriendelik. Welgedaan mense, julle gee my hoop.
  • Baie dankie aan Potch Hospitaal (saal 6) en alle ander personeel vir die behandeling wat ek daar ontvang het. Frans Vilonel.
  • My mening is dat die motief agter die beoogde verlaging van die spoedgrens na 40km/h is om meer geld uit ons te maak, want baie meer mense gaan die perk oorskry as wat die perk van 60km/h oorskry het.
  • Raad aan Volkies Rugby. Maak ‘n 1ste span uit die 2des en 3des wat 99% van hul wedstryde wen. Dis waar die talent lê. Los die favourites.
    Hulle weet wie hulle is, want Gimmies wag vir julle. Sterkte. Oud Volkie.

    Ek ondersteun dr. Abbas 100% hy is die beste veearts in die land. Ansie de Klerk.

  • Wanneer maak die Deeghuys oop by Canal Crossing? Help asb.
  • Ons wil net uit ons hart baie dankie sê aan Tim, Natalie, Vincent en Killassy van ‘Stitch Wise’ vir hulle wonderlike hulp en bystand met gratis harde spons vir ons gebedskussings. Sonder hulle sou ons dit nie kon maak nie.
    God seën van Cecillia, Loraine & Lucas van Kniel vir God gebedskussings.
  • Please can the government in North West build other English primary and high schools. The applications for 2016 are ridiculously high, most children from Potch will have to go to school hostels in other towns. Can’t we have a petition so we can build more schools? Concerned parent.
  • Wil net vir die man wat my pakkie betaal het by Game toe ek nie genoeg geld gehad het nie en hy gelas het sê ek waardeer dit opreg!
  • Wil net vir Martin, Elsabe, Org en Eileen duisende dankies sê! Martin jy is voorwaar ‘n engel op aarde! Mag God julle besigheid net verder seën. Julle is voorwaar engele op aarde.
  • Baie dankie aan Jerry en sy span van die Parke-afdeling wat ons vullishoop kom skoonmaak het ons waardeer dit. Uitkoms inwoners.
  • Groot gemors by die robot by die Road Lodge. Die robot laat nou net 3 voertuie draai met die groen pyltjie.
  • Goeie dag, ek wil net vra die mense wat onder welsyn is kan hulle nie asb. hulle kliënte help wat so drugs gebruik en nog hulle inspuit, want die inspuitings word vrylik by apteke te koop aangebied. Help die mense.
  • Graag wil ek net vir Obies Grassnyerdienste ‘n baie groot dankie sê dat hulle baie vriendelik en behulpsaam was toe ek hulle nodig gehad het. Ek kan hulle enige tyd aanbeveel. Denis.
  • Wat help loadshedding in die aand as die straatligte helder oordag voor die banketsale brand. Nou die ander vraag vir wie probeer die regering bluf? Petro.
  • Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig en verdra mekaar in liefde. Ef 4:3
  • A nation of sheep breeds a government of wolves.
    BE CAREFUL, VERY CAREFUL.
  • I do not want to pay my hard-earned money over for taxes to a president with 702 criminal charges against him. Sad-Sack
  • Zenelle van Absa Mooi Rivier baie dankie vir die verskil wat jy maak by die bank.
    Jys bedagsaam vriendelik en hoogs bekwaam.
    Jy is n groot bate vir Absa!! Kan die tak nie nog 2 van jou aanstel nie?!!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button