BlogsLifestyleOpinionsReligion

Het die Heilige Gees nog enige betekenis vir ons

Ds. Koos Mouton : Geref. Kerk Mooirivier

Ds. Koos Mouton : Geref. Kerk Mooirivier

Lees Handelinge 1:1-14.

Pinkster het begin met die uitstorting van die Heilige Gees. Die gebeure met die koms van die Heilige Gees word beskryf in Handelinge 1 en 2, ongeveer tweeduisend jaar gelede. Het dit vir ons nog enige betekenis in 2015?

Meer belangrik: wat sĂȘ die koms van die Heilige Gees wat God, die Vader en die Seun, Jesus Christus, gestuur het vir jou vandag? Daar kan twee uiteenlopende reaksies wees. 1. ’n Belangstelling in die vreemdheid daarvan, (tonge soos van vuur, geweldige rukwind) en ‘n poging om die eerste gemeente se belewenis daarvan te herhaal.

Terug na die eerste (Pinkster) gemeente is dan die oproep! 2. ‘n Ignorering van dit wat die Heilige Gees kom gee het, Julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sĂȘ Jesus. Die moderne mens verklaar hierdie gebeure op die Pinksterdag weg as ‘n storie, ‘n mite. Maar as Jesus na die hemel gevaar het, word in Handelinge 2 waar wat in Handelinge 1 beloof is.

Die dissipels, en ons, kan weet dat die Heilige Gees in die lewe van elke gelowige werk, en in ‘n gemeente. Is ons nie so opgeneem in “hierdie ontaarde geslag” (Hand. 2:40) dat ons die werk van die Heilige Gees in ons elke dag se lewe nie raaksien nie? Die omstanders het al destyds gespot toe die gebeure rondom die uitstorting van die Heilige Gees plaasgevind het.

(2:13) Die spottende mens van vandag het ook geen begrip vir die Heilige Gees se werking wat lewens van mense kan omkeer nie. Self die dissipels verstaan dit nie. Hulle wil die ryk van Israel herstel hĂȘ, i.p.v. die Koninkryk van God.(vs.6), Maar Jesus gee hulle werk:”Gaan wees My getuies..” Dit is so: die wonder van Pinkster is dat dit, teen menslike grein, alles kom nuut maak.

Dit kom van God, van die hemel. Die Heilige Gees maak eenvoudige, ongeleerde mense vrymoedige getuies deur wie die wĂȘreld ge-evangeliseer word. En:die bo-natuurlike tekens gaan saam met ‘n verstaanbare boodskap oor wat God gedoen het in Jesus Christus. As Jesus dan gesien word met die oĂ« van die geloof, wil mense loskom uit hulle ontaarding: ”Wat moet ons doen broers?” (2:37).

Die dissipels het gaan doen. In Jerusalem, Judea, en verder. Die Heilige Gees, wie Hy is, en wat Hy doen, word dan vir sondaarmense ‘n werklikheid. Nee, dit sal nie altyd op so ‘n wonderlike (spektakulĂȘre, bo-natuurlike) manier gebeur soos op die eerste Pinksterdag nie. Maar dit het dieselfde wonderlike resultate.

Mense wat vir Jesus getuig. Vertel van Jesus. Werk vir Jesus. Dit word nie verkry deur opsweping nie. Jou (geloofs)oë moet net oopgaan om die werk van die Heilige Gees te kan raaksien. En natuurlik die Heilige Gees toe te laat om in jou te werk dat jy ook sal getuig (praat,doen) oor Jesus. In jou eie dorp, en verder.

Loof die Here vir die werk van die Heilige Gees. Hy, God die Heilige Gees, wat met Pinksterdag gekom het, en nou nog by ons is.

Related Articles

Back to top button