OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

So SMS ons lesers

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet …

Is daar ‘n saak waaroor jy jou mening wil lug? Stuur ‘n SMS na 45534 en vertel ons daarvan. SMS’e kos R1-50 elk. Lasterlike bewerings teen individue, sakeondernemings of instansies sal nie geplaas word nie, hoewel Vaalweekblad sulke bewerings in sekere gevalle sal ondersoek en u moontlik daaroor sal kontak vir meer inligting. SMS’e moet asseblief in kleinletters getik word, aangesien dié wat net in hoofletters is, outomaties deur ons stelsel verwerp word. Jou SMS moet ook sin maak vir ander lesers.

* Ek wil net weet: in Brearleystraat dink die mense dis ‘n vullishoop en almal se sypaadjies is skoon, maar op die hoek lyk dit regtig of hulle daar geensins omgee vir die bure nie. Dit lyk regtig baie sleg.

* Ons wil tog die munisipaliteit vra of hulle nie die bietjie teer wat oor is in Junkerstraat wil verwyder nie, ‘n grondpad sal beter wees as die duisend gate!!! Woonstelbewoner.

* Mense weet julle ek is moeg om altyd te sien hoe die drug dealers in Edwardstraat in Vereeniging doen wat hulle wil doen, so baie jare al en die polisie ken hulle so goed.

* Ek het geld gaan trek by die kitsbank by ‘n sekere motorhawe, toe die een dame wat daar werk haar vererg vir ‘n persoon wat met sy kaart wou betaal. Mevrou, jou swak, kru taal pas regtig nie by jou nie. Baie swak.

* Vaalweekblad, vra asseblief vir die lesers om mooi uit te kyk vir ons bikers. Twee mense het Donderdag naby Rafterz van agter af teen my vasgery of voor my ingery. Die oom wat teen my vasgery het, het my modderskerm heeltemal kokkaai gestamp. Motoriste, wees asseblief gawer met ons bikers! Groete, C.

* Toemaar Frik E, miskien kry iemand jou jammer. Hoekom deel jy nie eerder jou gebeurlikheidsplan as om ander mense name te noem nie. Het jy nie maniere geleer nie?

* Can anybody tell me what does legal aid do, what is their cause? Linco.

* Het iemand dalk die nommer van die dame wat die kankerbossie verkoop? 083 381 6310.
(Sy is Ronel by 071 640 9815 – Red).

* Outydse meubels, erdeware, speelgoed en gereedskap gesoek. Enige toestand. 073 087 0967.

* Ou babawaentjie gesoek om te koop. 084 342 2419.

* Dankie Anthea Marais vir jou sukses met die Paws for Walk die 1ste Mei. Die diere is jou ewig dankbaar!

* Ry 60km, kry boete vir 80km, R500 hier in Meyerton. Ou omie.
(Ons hoop jy RY hulle teen meer as 80 km vir dié lagwekkende fout! Red)

* Hello. Is daar dalk ‘n apteek in die Vaaldriehoek wat rottangkieries verkoop of nog het? Dit moet nog die oorspronklike rottang ieries wees met sy bas aan. Of iemand wat so kierie wil verkoop of van ontslae wil raak. 079 776 8159. Baie dankie. Reinhardt.

* Aan almal wat wat my gehelp het Vrydag in Spar toe ek flou geword het, baie dankie. ‘n Spesiale dank aan die dame wat my dogter Vanessa gebel het en my bygestaan. Aymi dankie dat jy ouma dokter toe gevat het en dank aan almal. Loelie. Meyerton.

* Baie dankie Willie en Vanessa vir jul tyd wat jul opgeoffer het om my te help, mammie en ook dr. Gouws, Ashley en hulle wat my gehelp het toe ek nie kon regkom met die geloop, dit word waardeer, Sanna en die twee Menere. Loelie.

* Saamrygeleentheid beskikbaar vanaf Vdbp na Jhb CBD Marshall Town. Werksure van 07:30 tot 16:00. Tanya. 076 189 4922.

* Goeie dag lesers. Ek verneem graag of daar enige persone of besighede is wat my asb. kan help met klerehangers. Ek probeer weer op my voete kom nadat die mat daaronder uitgeruk is en sal enige hulp in die verband vreeslik waardeer. 083 507 2498/507.

* Hi Slakkie. Jy koop nie my lugtyd nie. Dame met jou SMS op 1 Mei, baie dankie! Klink of jy weet van wie ek praat, hehe. Vir my is gesê ek’s selfonderhoudend, nou vra ek net my bewys van inkomste omdat baie mense hier rond kos en klere aflaai en ek kry niks, maar ek is 14 jaar werkloos. Ek sal dalk by die hof regkom met die saak. Dankie. Marietjie.

* Kan iemand in die Vaaldriehoek vir my sê waar ‘n mens nog ‘n Cornish pie en gravy met slapchips kan kry soos in die ou dae? Dit lyk my dit bestaan nie meer nie. Meeste plekke se personeel weet nie eers wat hulle pasteie se bestanddele is nie.

* ’n Vorige SMS verwys: My priekas miere het self weggeloop, maar ek het swart-, rooi-, bruin- en rysmiere. Sal jou betaal om hulle te kom haal. Johann.

* Is daar nie ‘n moontlikheid om vir ons kerke en hul dienstye soos voorheen in koerant te plaas nie? Sal dit waardeer. Dankie. JM.

* The bhp billiton aluminium smelters have a new name, South32. Is the Eskom agreement still valid? They must pay full price! Public must speak up. Close the smelters. Mlaba, Jhb.

* Please kind loving people out there. Could you find if in your hearts to give a dog a home, I wish I could, but don’t have space. Many thanks. Natalie.

* Dag aan almal wat hier lees. Ek is op soek na ‘n remote vir ‘n LG DVD masjien.HT 202 SF-A5. Sal kom afhaal en betaal as dit die moeite werd is. 083 967 1402. Stephan.

* Hi Vaaldriehoekers ek is op soek na iemand wat Afrikaans- en wiskundeklasse aanbied. My kind sukkel met klankies en somme. Susan. 078 950 9279. Dankie Vaalweekblad, jul is tops.

* Ek wil graag uitvind waar ek goedkoper A4 afdrukke kan laat druk. Op die oomblik is ons masjien stukkend. Dankie. 079 621 2193.

* Het my hond veearts toe gevat met koors. Hy het vir my hond ‘n inspuiting gegee en 40ml stroop. Hy het my R670 gevra, wat ‘n skande.

* Ek moet sê. Die een man by die lisensiekantoor het respek vir ‘n oumens. My pa is 77 en hy het hom so mooi gehelp. Dit was nie vir hom nodig om nog ‘n uur in die ry te staan nie. Baie dankie vir puik diens! Wens net ek kan sy naam onthou. Hy is egter by die oogtoets-afdeling.

* Ek wil graag vir Stav en Elize uit my hart bedank vir die hulp. Baie dankie.

* Dag almal ek is op soek na raad. My moeder het twee beroetes gehad, sy sukkel om te praat en haar regterhand kan sy nie gebruik nie en met haar been sukkel sy om te loop. Enige raad sal help. Baie dankie. Liezel. Kan my SMS of WhatsApp by 060 976 9679.

* Goeie more. Ek wil asb. ‘n versoek rig aan al die padvarke op die Vischgat-pad. Dit is ‘n grondpad vol los klippe. Ry stadiger asb. julle beskadig mense se voertuie wat respek vir hulle eie en ander se voertuie het. Die ou met die silwer Amarok. Jy jaag die hel uit jou voertuig en my windskerm is deur die klippe wat jy opgeskiet het in sy glorie in… Daar gaan my geen-eis bonus! Linda Marx.

* ‘n Sekere bekende skoolklerewinkel in Vdbijlpark is besig om ons uit te buit! Tot R100 verskil in prys per item. Ek wil glad nie weer daarheen gaan nie.

* Hi Ronel van die Kankerbossie. Baie dankie vir die verligting wat dit gebring het vir my asemhaling en rustelose bene na twee weke se gebruik. Gert. 082 688 4712.

* Ek is gaaivol vir Eskom en die regering se blatante terrorisme teen die publiek met hul beurtkrag b/s. Krag is elke mens se reg, nie voorreg. Miskien moet ons terugslaan en nie betaal. Ek sê verkoop Eskom en al ons staatsbates aan Duitsland. Ten minste het jy mense met intellek in beheer, nie suurstofdiewe en useless eaters nie.

* SE3 hondesalon, wat ‘n paar weke terug in koerant geadverteer het. Asb. ek is op soek na jul telefoonnommer. My nommer is 080 887 1516.

* Boodskappers na God is ‘n gebedsgroep. As u wil aansluit is u baie welkom. 082 843 4908.

* Ek vra groot asb. vir ‘n paar hout garingtolletjies. 082 264 3516.

* Ons ouers wie se kinders in Krugerlaanskool se koshuis is wil weet hoekom word daar nie op ‘n Maandagaand snoepie gehou nie. Kan die hoof of koshuisvader dit asseblief uitsorteer? Kry menslikheid asb.

* Hi mense ons vra asb. ‘n landwye gebed vir Norman vir werk asb. Ons glo hy sal regkom, Kom ons bid.

* Ek besluit toe mos Sondag om my vrou so ‘n bietjie te bederf vir Moedersdag en laat haar toe om my grassnyer te gebruik, toe maak die bure albei kante ‘n helse bohaai daaroor. Toe vat ek die masjien weg en dadelik het die bure bedaar. Ek besef toe eers heelwat later hulle kon haar nie meer sien nie, aangesien sy soos gewoonlik op haar knieë besig is om die gras met die heiningskêr te sny. Wel ten minste het ek heeldag die TV remote vir myself gehad.
(Ons hoop sy gun jou die voorreg om op Vadersdag die hele week se wasgoed met die hand te was! Red).

* Ek wil net vir ‘n sekere bandeplek in Vdbp. sê dankie vir jou bel, ek het maar na ‘n ander plek gegaan wat my met graagte gehelp het. So, een se verlies is ‘n ander se wins. Skim se seun.

* Ons stem saam met die persoon oor die dame by die hondesalon in SE-gebied…ons mis vir D. Dankie.

* Dringend gesoek: Mnr. Peter Jacobs laaste woonadres 8 Hippostraat Leeuhof, Vereeniging. 084 320 6113. Dankie. Anoniem.

* Goeiemore mensies van planeet aarde, julle moet julle mooi oppas dit gaan ‘n koue winter wees. Groete Oom Kalimarie.

* Ek wil graag weet wie maak oopgroef myne reg by Montgomerystraat?

* Wil net dankie sê vir Gerrie Bester en sy werkswinkelspan vir die naverkope diens wat ek van hul ontvang het. Gerrie van B-Executive in Vereeniging. Tevrede GWM kliënt.

* Willie wat in vorige koerant geskryf het van die apteek in Vereeniging waar hy gaan vir goeie pryse op medisyne, bel my asb. by 072 209 4183.

* Ek is op soek na borduurmasjien se magic box kaarte. Die rooi kaarte asb. Ek het 2 nuwe blou kaarte om te ruil of verkoop. 083 547 8789.

* Moeilik om te begryp, hier in Charl Cilliersstraat, Duncanville word beurtkrag gereeld toegepas maar die straatligte skyn jolig heeldag, wat ‘n besparing!

* B. Grové, miskien moet jy twee keer dink voor jy kommentaar lewer. Die fietse wat gevra is, is vir kinders wie se pa oorlede is. Hulle kyk na ander kinders op fietse.

* Ja ou Kalimarie ons moet meer dankie sê vir meer potholes.

* Ek sien artikel oor boek 19 en gewapen. Glo my, ek was 18 en gewapen…been there done that and have the scars to prove it. Hoe ver gaan die nuwe boek kom om enigsins erkenning aan ouens te gee? Ek vra maar net, want ons mans van daardie geslag word as war criminals gesien…dis so damn onregverdig….groete….Willie.

* Ou Kalimarie dankie sê vir wittes se ondergang, alles wat agteruitgaan, almal wat gemoor, verkrag word, almal wat werk verloor, kinders wat jare werk soek en nie kry nie, jy probeer hard om intelligent te klink oor niks. Kom by. Frik E.

* Lyk my as ‘n mens nie geld het nie en net werk vir dit, dan is jou vriende en famillie nie jou vriende of hoe, maar vir die wat besighede het is dan jou vriende of so ook met familie.
Die vriend wat ek ken het my baie gehelp en ek waardeer dit baie, want jy was werklik ‘n ware vriend met raad en hulp, jy het my en my familie al baie deur moeilike tye gehelp. Maar lyk my geld is meer as net ware vriende. Baie dankie ek sal die goeie tye onthou. Net ‘n armsalige ou werker wat normaal werk en leef, wat werklik ‘n vriend is.
* Kan iemand vir my sê wat het geword van die ou man wat altyd op die hoek van Langenhoven- en Faradaystraat gebedel het. Hy het altyd ‘n ligbruin trui aangehad?

* Ek wil vandag kom vra wie is bereid om as vrywilliger iets in Vanderbijlpark te doen om die beeld van ons mooi dorp, beter en mooi te maak. Dit gaan jou kos, tyd en energie. Christa. 079 568 8580.

* Aan SMS lesers wat so ‘n groot boehaai maak oor Vaalhuntress. Asb. verduidelik vir my wat lê in die supermarkte en by die slaghuise en by Kentucky? Oh sorry dis net ‘n stuk vleis dit het nooit gelewe!! En daardie blerrie lekker stuk biltong.

* Ek wil graag weet wat is die spoed in Hendrik van Eck-blvd. wat by die Noordwes-Universiteit kampus verbygaan? Ek sien die borde wys 70km of het die spoedgrens verander? Kan die verkeersdepartement daarna kyk en dan die regte spoedborde aanbring? Vra maar net. Dankie. Lootjj.

* Het onlangs vleis gekoop by Butcher boys slaghuis. Winkel is skoon en vleis baie vars en goedkoop. Dankie ook vir Trienie die kassier vir haar vriendelikheid en ja jy is baie oulik hoor. Sal weer daar koop. (Veral omdat Trienie so oulik is).

* Het bestuurderslisensie opgetel in dorp van R. vd Westhuizen id, 730313, skakel 082 585 9289.

* Thank you, Emfuleni, for fixing the potholes in O’Kullis Street. We appreciate it. Resident.

* Ag nee Vaalweekblad! Kan jul nie ‘n bietjie meer moeite doen en by sulke besondere prestasies soos die Transvalia-hokkie die spelers se name by die foto’s plaas nie? Moenie sê ruimte ontbreek nie. Los maar ‘n bietjie van die ander strooi uit. Belangstellende leser.
(Vaalweekblad plaas die name met graagte as dit deur die skool of ouers wat foto’s instuur, verskaf word – Sportredakteur).

* Ek lees nou in Vaalweekblad van die beoogde rivierstad wat gebou gaan word, nou wonder ek maar net so terloops wat geword het van die mooie Vosloopark se Riverfront waar ons so baie Carols by Candlelight bygewoon het? Wonder ma net. Maryna.

* Goeiedag lesers. Ek is dringend op soek na ‘n voorste modderskerm of ten minste regter voorste helfte van modderskerm, asook ‘n spotlight met sy casing vir ‘n Hyundai Atos prime. Groot asseblief as enigiemand my kan help, sal ek dit hoog op prys stel. Bereid om te betaal daarvoor. Baie dankie. 083 611 9015. Judy.

Hulp gevra

* Geagte lesers, ons is dringend op soek na komberse, warm klere en soppakkies vir arm mishandelde vroue en kinders en bejaardes. Ons sal so dankbaar wees vir enige iemand wat ons kan help in ons welsyn se wintersprojek. Dankie vir almal wat gee en vir almal wat nog gaan gee. Vir verdere inligting kontak Maryna by 079 351 8690 of die kantoor by (016) 987 1948.

* Het dringend adult nappies nodig vir ‘n bejaarde vrou wat in ‘n rystoel is as u dalk het wat u nie gebruik. Baie dankie. 082 425 9955 of (016) 455 5474.

* Groot asb. ek vra enige ou damesklere no 34 tot 36 en skoene en kerkhoede, wil graag kerk toe gaan. Karen. Van Riebeeckstraat 39, Vereeniging. Dankie.

* Hallo ek soek dringend ‘n kamer of woonstel vir twee persone in Vereeniging asb. Kan tot R1 600 per maand betaal. 082 844 6968.

* Ons vra groot asb. as iemand enige huisware en kinder- en babagoed het wat hul kan skenk sal ons dit hartlik waardeer. Ons trek binnekort en het so te sê niks en baba is oppad en meisiekind gaan binnekort skool. Asb. enige iets sal hartlik waardeer word. SMS of skakel my by 060 907 2620.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button