LetterOpinions

Ons sê: Thank you for the music!

Join The Klub van Vanderbijlpark skryf: Kuierplekke in Ericsonstraat CE 1,Vanderbijlpark, of minstens een van die drie, verskaf gratis musiek aan ongeveer 200 tot 300 huishoudings. Dit is nou vir woonstelle, meenthuise en wonings in die omgewing. Die musiek bereik huise sover as CE 2, CE 4 en CE 5 – veral oor naweke, saans …

Join The Klub van Vanderbijlpark skryf:
Kuierplekke in Ericsonstraat CE 1,Vanderbijlpark, of minstens een van die drie, verskaf gratis musiek aan ongeveer 200 tot 300 huishoudings. Dit is nou vir woonstelle, meenthuise en wonings in die omgewing. Die musiek bereik huise sover as CE 2, CE 4 en CE 5 – veral oor naweke, saans en snags tot 02:30 in die oggend. Natuurlik is die mense almal in hulle noppies,want hulle hoef nie hulle persoonlike Hi-Fi’s te gebruik nie. Die musiek herinner my aan my kinderdae op die plaas, toe die inwoners van die statte Saterdae en Sondae die tromme tot vervelens toe geslaan het.
Doem-doem op ‘n eentonige maat. As kinders was ons bevrees, want het die oumense ons vertel, dit is die musiek wat Din-gaan se Impies gemaak het voor hulle aanvalle op die Voortrekkers gedoen het. Nou soos dit vir my voorkom, geniet hierdie paar honderd mense en die forumpolisiëring, wat die gebied patrolleer, hierdie situasie terdeë. Hoe harder en doller die klank, des te beter. Ek hoor graag van julle mensies uit die gebied, wat sê julle?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button