LetterOpinions

Hulp gevra om bankdienste te verbeter

Elaine Potgieter van die Vaaldriehoek skryf: Ek is tans besig met my Nasionale Sertifikaat in Bankwese. Ons kry maandeliks take om te doen wat baie navorsing behels. Ek wil graag weet of daar mense is wat bereid sal wees om vir my algemene vrae oor bankdienste en produkte te beantwoord. Ook vrae oor lojaliteit ens. …

Elaine Potgieter van die Vaaldriehoek skryf:
Ek is tans besig met my Nasionale Sertifikaat in Bankwese. Ons kry maandeliks take om te doen wat baie navorsing behels. Ek wil graag weet of daar mense is wat bereid sal wees om vir my algemene vrae oor bankdienste en produkte te beantwoord. Ook vrae oor lojaliteit ens. Ek sal vir geen persoonlike inligting vra nie, ook nie by watter instansie die persoon bank nie. Alle inligting sal slegs vir my take gebruik word. Indien daar iemand is wat bereid sal wees om my te help, stuur asb vir my jou besonderhede na elainepotgieter@msn.com. Ek sal dit waardeer. Ek dink dat hierdie inligting my ook sal help om ‘n beter diens te lewer wanneer mens besef wat is vandag regtig belangrik vir kliënte in terme van dienslewering, veral in vandag sy tye waar alles so gejaagd is en mense net soos’n nommer voel. By voorbaat baie dankie.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button