OpinionsSMS/ Lesers sê hul sê

Praat saam / sms’e 22 May 2015

Praat saam / sms'e 22 May 2015

  • Wat gaan aan? Die hele Hoffmanstraat se ligte is 3 uur namiddag aan!! Martie.
  • My mening is dat die toegang vanaf Canal Crossing na die Paryspad slegs vir afleweringsvoertuie gebruik moet word, sonder verkeersligte. Die nuwe stopstraat en latere verkeerslig is te naby aan die Johannesburgpad. As gevolg van opeenhoping van voertuie van Grimbeekpark/Baillie Park na Johannesburgpad, vat motoriste nou kortpad deur die parkeerterrein van die sentrum na die vulstasie na die Johannesburgpad. En met verdere dorpstigtings suid van die dorp gaan meer bane nie veel help nie! Frans.
  • Kennisgewing: Vryheidsfront Plus het ‘n takstigtingsbyeenkoms,Vrydag 22 Mei om 16:00 by die Decadent Café, Garden Pavilion, Potch. Kom geniet ‘n koppie koffie en deel julle idees met ons. Vir meer inligting skakel 082 562 8686.
  • Anoniem, wie het jou as Regter aangestel? Weet jy nie dat jy nie mag oordeel nie? Matt.7v1-3, en kwaadpraat nie Jak.4v11-12. Beheer jou tong. Jak.5-10. Verseker het Jesus jou lief, maar Hy het ook die persoon lief wat jy beswadder met ‘n anonieme SMS. Gaan maak reg voordat jy jou bydrae vir die kerk gee Sondag. Matt.5v23-24. Hennie.
  • Aan die persoon wat kla oor Mediclinic se patetiese diens. Ek was ook die dag daar. Soos jy bewus sal wees was daar beurtkrag. Die kragopwekker kon net een x-straal masjien trek. Ek haal my hoed af vir die personeel wat daardie dag gewerk het. Julle diens is puik!!!
  • Die oplossing is heel eenvoudig, gee elke universiteit sy eie naam. NWU Vanderbijlpark is juis in Gauteng. Groete…Pukke bo!
  • Baie dankie aan Carin van Turkstra vir jou goeie kliëntediens en behulpsaamheid.
  • Most people using the RD line to obtain electricity in the Ventersdorp district, were without electricity for a continuous period of 27 hours and 7 minutes this past weekend. Viva affirmative action, viva! The motto on the National Coat of arms should have been: “Enabling the unable”. AC.
  • Noordwes se hokkiespan, baie geluk Marlize Jordaan, Nicci Labuschagne, Jana Mc Kinnon en Ruandi van Dyk, julle verdien dit. Elke naweek en dag se harde oefening werp goeie vrugte af. Geluk Laerskool Mooirivier en geluk aan ‘n baie goeie en oulike afrigter, mev. Gretchen van Wyk.
  • Die een ding wat ek wel gevind het, is dit: God het die mense goed en opreg gemaak, tog het hulle, hulle besig gehou met allerlei slimmighede. Pred 7:29.
  • Liewe Anoniem, ek weet nou nie is jy van Griekse herkoms want jou naam is snaaks. Ek self is ‘n ou mens en die persoon wat jy so afkraak is baie hulpvaardig om ou mense te help. Ons maak so as hy iewers besig is dan laat ons sy geld by sy goed en hy waardeer dit. Is jy nie maar net jaloers en wil ‘n sukkelende persoon beroof van sy daaglikse brood. Wat gaan jy doen as ons by jou baas gaan kla dat jy ons ou mense in die winkel swak behandel? Herald julle het nog nie vir ons ‘n storie oor die lewe van ‘n karwag geplaas nie, doen ons ‘n guns en kom gesels met Pieter by Spar Miederpark sodat die mense kan hoor wat se lewe hulle lei in wind en weer. Hannes Louw.
  • Die Lotto het skielik allerhande swanky advertensies in Afrikaans op sekere radiostasies. Ek wonder hoekom. Agie.
  • Ek merk op dat na omtrent 15 jaar, sit hulle sedert 1 Mei nie meer ons geyser met die ripple af gedurende spitstye nie! Ek wonder wat het verander? Dawie.
  • Vermy die 15 plae van Afrika 1) Wetteloosheid 2) Godloosheid 3) Domheid 4) Luiheid 5) Haat 6) Barbarisme 7) Magsbeptheid met disfunksionele leiers, 8) Korrupsie 9) Afguns 10) Gierigheid 11)Drank & Dwelms 12) Siektes 13) Immoraliteit 14) Arrogansie 15) “Die wêreld skuld my- Jannie Jammerg@t” sindroom. (”Prove me wrong” P.B.)
  • Die persoon wat kommentaar het oor Casapark. Daar is Te Koop borde op. Doen navraag.
  • Net in kommentaar oor u Casapark uitlating. Dit is ‘n wonderlike, netjiese kompleks wat uitstekend bestuur word. Ek is ‘n eiendomsagent wat juis om hierdie rede besluit het om daar te belê. Klink vir my net na suur druiwe.
  • Ek is bly die mense bedank Vincent Clarke vir wat hy doen vir die dorp. As hy nie mense kry om die werk te doen, dan gaan doen hy dit self. Ons het meer mense soos hy nodig in die raad, dan sal dit beter met die dorp gaan. Hannes.
  • Jaqeline die kind is reg, dis teen die wet om op ‘n selfoon te praat terwyl jy bestuur, al het jy wat se boodskap gekry. As jy jou wette nakom sou jy die boodskap gekry het as jy gestop het. Kom jou wette na en hou op ander blameer.
  • Dit was baie goed van die persoon om jou selfoon in te gee. Niemand kan egter sê “jou plek in die hemel is geboek” nie. Dit weet net Jesus Christus self. En die een wat Hom aangeneem het. Ek het self jare lank gevat om dit in te sien, en ek sou nie as die Here my nie gewys het nie.
  • Nee wat ou Grootte, moet jou nie aan Anoniem steur nie. Ek is ook bejaard en weet met hoeveel geduld en begrip jy ons help. Hou so aan. Ons waardeer jou. Tannie M.
  • Ag nee Anoniem! Lyk my jy soek die groot karwag se pos. Dis hoekom jy hom so slegsê. Van die klomp wat die laaste paar jaar daar was is hy die beste! Altyd behulpsaam en op sy pos. Onthou hy moet die trollies ook gaan bêre. Al bietjie moeite gedoen om net te kyk of hy nie dalk besig is om iemand te help as jy uitkom nie? Of dink jy jou motor moet spesiaal opgepas word?
  • Anoniem wat kla oor die groot karwag by Spar, ek stem nie saam nie. Hy was nog net altyd vriendelik en behulpsaam teenoor my. Ansie.
  • Hoekom anoniem bly! Ekself koop by die Spar in Miederpark en die Groot Karwag was nog net altyd vriendelik en behulpsaam! Hy het my nog nooit vir geld gevra of gebedel nie en dit is juis die rede hoekom dit so lekker is om vir hom iets te gee! Ek hoop dat jy nog lank karwag sal bly en dankie dat jy daar is vir die veiligheid van ons ouer mense, altyd gewillig met ‘n glimlag!
  • Uiteindelik sê iemand dit! Mense hou op om die Here te gebruik, sjoe ek wonder hoeveel goed jul al by mekaar het.
  • Na aanleiding van me. Belinda Bozzoli, DA Skadu-Minister van Hoër Onderwys se brief: NA WAT WIL U DIE PUK “TRANSFORMEER”? Na net NOG ‘n vuil, oproerige Universiteit? Julle maak ons siek en sat met al julle simpel plannetjies. Moerige Martie.
  • Ek lees die berig in vandag se Herald ivm. die karwag wie by Spar na bewering bedel. Ek is ‘n gereelde kliënt by Spar en weet presies van watter karwag die persoon skryf. Ek het al verskeie kere in my motor gesit en opgelet hoe hy die mense hanteer. Nog nooit het ek hom hoor bedel nie! Inteendeel, hy is altyd hoflik, behulpsaam en vriendelik! Is hierdie nie net ‘n heksejag op hom nie? Hoekom is anoniem nie bereid om sy/haar naam te noem nie? Ek hoop Spar doen ‘n deeglike ondersoek sodat die waarheid kan seëvier! Ben Rossouw. 082 321 2723.
  • Sal me. Santie Britz en/of Belinda Bozzoli van die DA asb. meer duidelikheid gee betreffende die “aantal en aard van rassistiese voorvalle” op die PUK kampus? Of verwys hulle dalk na Die Beeld se “sensasie-belustige interpretasie” van die sg “Nazi-saluut” wat al vir dekades in gebruik WAS? Jannie JB.
  • Yay for Mpho Koka! You have more insight than Kgwadi and the ANC put together! Happy Chappy.
  • PUK se naam moet bly!!! Wie gee die ANC en Kgwadi die reg om te hiet en gebied? Hy moet eerder vir homself ‘n ander heenkome gaan soek. Hy kan gerus by Mahikeng gaan aanklop.
  • “Pad-herrie”- Ek dink die Herald skuld sy lesers “ondersoekende-joernalistiek” in hierdie geval. Ons wil weet WIE hierdie kontrakteur is, hoeveel hy al betaal was en by watter “ander” projekte hulle betrokke is wat die werk by Albert Luthuli negatief beïnvloed. Deursigtigheid asb! Mariana. (Volgens ons berig verlede week gee die stadsraad die kontrakteur tot 25 Mei om aansienlike vordering te toon met die voltooiing van die padoppervlak. Die berig sal dan opgevolg word. Red).
  • Die persoon wat so kla oor die fisioterapeut wat verhoudings wil aanknoop: jis, ek sal graag daar wil gaan draai, ek is juis so eensaam. Martie.
  • Bedelaars, mans en vrouens in die omgewing van die Mall. Almal bedoel dit goed om geld of kos te gee. Kos, brood en koeldrank word agter die struike gevind as hul laatmiddag loop. Hul loop 3 tot 5 keer bedags met elke paar sente na die naaste drankwinkel om drank te gaan koop. Dink asb. mooi voor u weer goedhartig gee.

    Waar is die ou dae toe verkeersbeamptes na-ure nog gesien is? Doen maar wat jy wil na 4 hul is reeds besig om te gaan “rus”.!!

  • Baie dankie aan die Potchefstroom Hospitaal se personeel in saal 9 vir die goeie diens en liefde tydens my verblyf. Ferdie Pieterse en die familie.
  • Baie dankie aan Eben en span van Potch Plastics vir julle hulp met fynmaak van ons produk. Geseënd is julle. Van Lucas, Cecillia & Loraine/Kniel vir God gebedskussings.
  • Ek doen al besigheid by Absa van 1973 af en in 2015 beleef ek die swakste diens ooit, wonder of daar mense is wat saamstem.
  • Ek wil net vir Carin van Turkstra sê baie dankie vir al haar vriendelikheid. Sy laat mens altyd welkom voel.
  • Dankie dr. Van Wyk dat u altyd u beste gee tydens operasies en met onse hemelse Vader aan u sy sal Hy u hande sterk maak. Dankie aan mev. Van Wyk en seuns wat altyd maar moet wag as pa so hard en soms lang ure werk ook aan die dames by dr. se spreekkamers, julle is altyd die beste.
  • Ek wil graag die volgende persone bedank: Pastoor Errol Temanie, Juffrou Shirley en alle personeel van Dorotian asook my familie vir alle hulp tydens Carridean se afsterwe. Baie, baie dankie vir alles. Denise.
  • Ek kan dit nie glo dat al die besighede in Wolmarans- en Nieuwestraat daagliks die waterlek rapporteer nie. Dan praat ek nie eers van die polisiemense wat daar op en af ry, hulle kom tog by Polmed uit. Gee ons mense nie om nie? Hoe spaar ons water wat so belangrik is?
  • As jy die dag af voel dan is tyd vir ‘n haar doen. Chris van Atari dankie vir al die jare wat jy my beter laat lyk. Ek lyk weer mooi met die pragtige kleur en ligte strepies. Dankie jy weet altyd die beste vir elke kliënt wat daar instap. Eileen Geldenhuys.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button