BlogsEditor's noteOpinions

Ondersteun projek van Artillerieskool

Die Artillerieskool, gebaseer by die Klipdrift militêre basis buite die stad, het ’n lang en tradisieryke geskiedenis en verbintenis met Potchefstroom.

Die Artillerieskool, gebaseer by die Klipdrift militêre basis buite die stad, het ’n lang en tradisieryke geskiedenis en verbintenis met Potchefstroom.

Die eenheid, wat vanjaar hul tagtigste bestaansjaar vier, is sedert 1939 onlosmaaklik deel van Potchefstroom en die stad is dus al vir 76 jaar bekend as die artillerie mekka van die SA Weermag. Menige kanonnier of beter bekend as “gunners” het opleiding hier ondergaan en daar is steeds ’n lewendige belangstelling om hul verbintenis met die eenheid en die stad te behou.

Die Gunners Memorial, wat kanonniers vereer wat in die uitvoering van hul militêre pligte gesterf het, vind dan ook in Potchefstroom plaas.
Artillerieskool se vieringe vind plaas in die vorm van ’n militêre bal en ’n gholfdag, maar is ook ’n belangrike projek om geld vir die bewaring van renosters in te samel. Die vlagskip van die artillerie is die GV6 kanon wat baie gepas as die Rhino bekend staan. Die offisierskantien by Artillerieskool is ook bekend as die Rhino Bar.

Met die twee renosters wat onlangs net buite die stad doodgemaak is, het Artillerieskool besluit om saam met Paramount, ’n internasionale maatskappy, geld vir die bewaring van renosters in te samel. Paramount se bekende Parabot, ’n reuse robot van omtrent 8 meter hoog, is na Potchefstroom gebring en dit is reeds staangemaak by die Banketsale saam met een van die GV6-kanonne.

Potchefstromers kan na Parabot en die GV6-kanon kom kyk. Hulle kan dan R10 skenk vir renosterbewaring en hul hand op die kanon verf.
Dit vind vanaf Donderdag 21 Mei tot Saterdag 23 Mei tussen 09:00 en 18:00 plaas.

Kom ons ondersteun die Artillerieskool!

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button