LetterOpinions

Tree op teen vuilspel in laerskool-rugby

Baie ontstoke ma van die Vaaldriehoek skryf:

Baie ontstoke ma van die Vaaldriehoek skryf:

Dit is jammer dat daar nie opgetree word as daar rugby ligawedstryde by laerskole plaasvind en kinders deur vuilspel seerkry nie. Ek het self gesien dat daar gebyt en met die vuis geslaan word. Die kinders kry lelik seer en almal trek net hul skouers op. Daar word nie opgetree teenoor skole wat geweld gebruik nie. Wat staan mens te doen as die onderwysers ook net toekyk?

Vir ons as ouers is dit baie mediese uitgawes en ons wil nie ons kinders belet om te speel as rugby hul passie is nie. Kan hulle nie dalk skeidsregters gebruik wat die reëls ken nie?

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button